vogue_jennifer
Het jy gehoor?

VIDEO: Só hou Jennifer Lopez haar lyf

“Ek’s ‘n tawwe koekie, glo dit of nie. Ek’s wel ook ‘n liefdesmaat en met my kinders (Max en Emme, 4) werk ek selfs sagter,” sê Lopez in die nuutste uitgawe van Vogue se Shape 2012

Lopez is onlangs van haar gewese man, Marc Anthony, geskei. Sy moes leer om haarself weer lief te hê.

“As jy nie jouself liefhet nie, kan jy nie vir ander lief wees nie. En as vroue is ons geneig om dit te vergeet. So dikwels wil ons net gelukkig wees, veilig voel en weet dat iemand verstaan hoe ons voel. Maar niemand anders behalwe jy kan jou dit laat voel nie,” sê Lopez.

Die media gons oor haar verhouding met die 24-jarige Casper Smart.

“Hy’s pragtig. Ek wil nie veel hieroor uitbrei nie, dit is my private saak,” het sy eenkeer gesê.

Maar dit klink asof haar ware liefde haar bestuurder, Benny Medina, kan wees. “Ek dink aan hom as my kreatiewe sielsmaat. Ons is baie lief vir mekaar. As mense my vra oor die mans met wie ek al uitgegaan het, dan verwys ek na die Benny-Jennifer-storie as die regte een,” sê Lopez.