Victoria Secret
Het jy gehoor?

VIDEO: Só lyk Victoria’s Secret se nuutste engeltjies!

2015 se Victoria’s Secret Angels is dié week aangekondig, berig E!Online. Plus, tien nuwe “engeltjies” is nou deel van die ikoniese handelsmerk. 

Kate Grigorieva, Taylor Hill, Elsa Hosk, Martha Hunt, Jac Jagaciak, Stella Maxwell, Lais Ribeiro, Sara Sampaio, Romee Strijd en Jasmine Tookes skuur eersdaags skouers met onse Behati Prinsloo en Candice Swanepoel.

Volgens ’n persverklaring wat Dinsdag uitgereik is, is dié vroue “die wêreld se magtigste versameling van gesoute en opkomende modelle”.

Dié 15 sekonde lange video van die 10 nuwe “engeltjies” is op sosiale media gedeel en is reeds miljoene keer gekyk en gedeel. 

Bron: E!Online

Lees ook