Het jy gehoor?

VIDEO: Steve en Janine Hofmeyr se troudag

Janine het ’n verkorte weergawe van hul trouvideo op haar Facebook-blad gelaai. Kyk net hoe mooi was dié geleentheid! 

Die video van hul troue wat op 25 Januarie plaasgevind het, begin met Steve se toespraak aan sy nuwe vrou. Dit wys ook al die detail – van die regmaak-proses vóór die tyd, die seremonie en die swierige onthaal.

In ’n gedeelte van sy toespraak sê Steve aan sy nuwe vrou: Jy lyk nie net asemrowend vanaand nie, jy is vir my die mooiste bruid ooit. Jy’t vir my soveel meer gegee as die drome van die nag en die gedagtes van die dag, soveel meer as die honderde versies en wysies en liedjies. Jy’t my meer gebring as vrede in hierdie crazy onstuimige siel. Jy het my voltooi. Ek was half … ek was altyd half – en toe maak jy my heel.

VIDEO: Filmedia

*SARIE het eksklusief die troufoto’s in ons Maart-uitgawe gepubliseer. Hier is van die foto’s:

1743526_10152202335474559_1705101499_n

Steve en Janine FOTO: CUSTOPHOTO.COM

5V0A9436e

Janine se trourok deur Biji Couture – FOTO: Custophoto.com

VIDEO: Dít het my verlief gemaak op Janine – Steve vertel

Kyk HIER na die agter-die-skerms-foto’s van hulle voorblad-fotosessie