Het jy gehoor?

VIDEO: Supermodel Gisele sing nou ook

Het jy al ‘n supermodel hoor sing? Gisele Bündchen verleen haar stem aan die nuwe H&M-veldtog en soos die meeste ander goed wat sy doen, is sy goed daarin.

Gisele Bundchen

FOTO: Dié supermodel is deur Forbes vir die 7de jaar in ‘n ry aangewys as die model wat die meeste verdien.

Gisele is die gesig van dié Sweedse modemaatskappy se herfs/winter-versameling. Die liedjie wat sy sing, All Day And All Of The Night deur The Kinks sal verniet afgelaai kan word by hm.com, of op iTunes. Al die geld wat só ingesamel word, word aan UNICEF geskenk om entstowwe vir kinders te koop.

“Ek is so opgewonde om die gesig van H&M te wees,” sê Gisele. “Ek is mal oor die straatstyl en hou daarvan dat ons nog geld kan insamel vir ‘n goeie doel ook. Ek hoop almal laai my lied af!”

*Dié lied en veldtog word eers 12 September bekendgestel, maar hier is solank ‘n voormakie:

Cara sing ook

Cara Delevingne het nog nooit ‘n geheim daarvan gemaak dat sy ook ‘n sangeres wil wees nie, en met ‘n veltoestand wat haar modelloopbaan in die wiele kan ry, is haar debuutalbum dalk vinniger op die rak as wat ons gedink het …

Cara se veltoestand kan die einde van haar modelloopbaan beteken

Dié jong mode-ikoon het onlangs ‘n duet saam met die sanger en liedjieskrywer Will Heard opgeneem. Sy het ‘n akoestiese weergawe van sy liedjie The Sun Don’t Shine saam met hom gesing: