FOTO: Mario Testino

FOTO: Mario Testino

Het jy gehoor?

Video’s van prinses Diana as kind: Kyk dit hier!

Dis in dieselfde jaar wat haar oudste seun, prins William, getrou het, en die koninklike familie is weer op almal se lippe.

In haar leeftyd het Diana mense se harte met haar liefdadigheidswerk, waardigheid, styl en elegansie aangegryp en dié herinneringe leef steeds voort. Maar sy was ook weerloos weens die hartseer en pyn wat haar gebroke huwelik met prins Charles meegebring het. Totdat haar vroeë dood die wêreld byna tot stilstand gebring het.

Vandag onthou mense haar steeds as ‘n vrou met passie vir ander mense, ‘n ma vir haar twee seuns en ‘n inspirasie vir baie.

Dis soos die Amerikaanse digter Maya Angelou gesê het: “Ek het geleer dat mense vergeet wat jy te sê het, hulle vergeet selfs wat jy gedoen het, maar hulle vergeet nooit hoe jy hulle laat voel het nie.”

* Sien ook die pragfoto’s wat Mario Testino destyd van Diana geneem het.

Kyk hier na video-materiaal van Diana se kinderlewe

  • sherrill

    Prinses Diana sou Vrydag 50 geword het :-)

  • Lynette

    Baie dankie hiervoor, SARIE. Diana bly maar ‘n stylikoon. As sy destyds maar kon weet hoeveel kinkels daar in haar lewe voorlê … gelukkig dus vir haar gelukkige, sorgvrye kinderjare

  • Erika

    Sy was die mooiste prinses ooit. Mooier as ‘n mens.

  • Ellmari Wroe

    Erika, ek stem 100% saam met jou!

  • annetjie

    Wow, ek is skoon hartseer oor haar ontydige dood, wat n wonderlike mens was sy nie!