Karien en baba Daniël baljaar op die strand by Sun City
FOTO: Instagram (@karlienhougaard)

Karien en baba Daniël baljaar op die strand by Sun City FOTO: Instagram (@karlienhougaard)

Het jy gehoor?

Só vier dié nuwe ma’s Moedersdag

Ouers sê dikwels vir hul kinders “as jy eendag ’n ma is, sal jy verstaan”. Vir Moedersdag het ons by dié bekende nuwe ma’s gehoor of hulle saamstem.

Karlien van Jaarsveld

Karlien en haar man, Derick Hougaard, se eerstelinge is verlede Desember gebore. Daniël en Eliah, ’n tweeling, het vinnig in hul ouers se harte gekruip. Karlien volg tans ’n program wat haar arbeidsterapeut vir haar seuns uitgewerk het. Daarom gaan sy nêrens vir Moedersdag nie, maar haar ouers sal by haar kom kuier.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Derick praat oor ouerskap

“Jy kan nie glo jou ouers het sulke tye met jou deurgemaak nie. Dit maak my hartseer om te voel hoe ek hulle soms seergemaak het,” sê sy. “Als omtrent Daniël en Eliah se geboorte het my laat besef die lewe gaan nie net oor jou nie,” wei sy uit.

EKSKLUSIEF: Karlien se nuwe musiekvideo

Vir Karlien is ouerskap die beste ding wat met haar gebeur het. “Jou kinders kyk in jou oë en laat jou voel jy is die beste ding in die wêreld. Hulle is net lief vir jou.”

Jo-Ann Strauss

Dié voormalige Mej. SA en haar man, Michael Held, se eersgeborene is reeds ses weke oud. Dié paartjie en hul seun het pas vir die eerste keer saam met vakansie gegaan, skryf Jo-Ann op haar blog Modern Mommy.

Jo-Ann Strauss en haar ma, Ingrid FOTO: Twitter (@jo_annstrauss)

Jo-Ann Strauss en haar ma, Ingrid
FOTO: Twitter (@jo_annstrauss)

Jo-Ann is nog nie seker wat haar gesin vir Moedersdag beplan nie. “Dis ’n verrassing vir my,” lag Jo-Ann.

“Ek is baie opgewonde, dis my eerste Moedersdag,” sê sy en wei dan uit: “Hierdie eerste paar weke van moederskap is nogal oorweldigend, maar ek raak nou gewoond daaraan. Dis regtig net ’n amazing ervaring.”

Elizma Theron

Elizma en haar man, Nico Grobbelaar, se eersteling is al 11 weke oud. “Sy is ’n engeltjie! Sy is verskriklik vriendelik en begin nou hard lag,” vertel klein Eli-zé Grobbelaar se trotse ma.

Vir Elizma is daar ook ’n tikkie hartseer in haar eerste Moedersdag as ma – sy kan dié dag nie saam met Nico deurbring nie omdat sy die Pasella-span op ’n toer neem deur Kuruman, waar sy grootgeword het. Sy is darem op dié dag steeds by Eli-zé, haar ma en haar ouma. “En Nico het reeds vir my ’n geskenk gegee – dis ’n foto van hom met Eli-zé wat op sy bors lê en slaap, op ’n beker.”

Elizma met klein Eli-zé FOTO: Facebook

Elizma met klein Eli-zé
FOTO: Facebook

Hoewel sy en haar ma nog altyd na aan mekaar was, het hul verhouding tog ’n nuwe vlak bereik toe Elizma self ook ma geword het.

“Ek het vir die eerste keer begrip vir die liefde wat my ma vir my het en vir wat sy alles vir my gedoen het, soos om in die middel van die nag op te staan en om jou doeke om te ruil – ek het nog nooit so daaraan gedink nie.”

Rozanne McKenzie

Rozanne en haar man, Chris Bishop, se klein James is sowat twee weke gelede gebore. Die jong gesin beplan ’n spesiale middagete by die huis saam met vriende en hul dogtertjie én Rozanne se ma, Ann.

“Die feit dat hierdie my eerste Moedersdag is, is so opwindend. Dis vir my nog byna onwerklik dat ek iemand se ma is en nou kan ek ook elke jaar my moederskap vier. Dis wonderlik,” sê Rozanne. “Dis al hoe meer spesiaal dat ek nou vir James het en dat ek en my ma die dag saam kan geniet,” wei sy uit.

Rozanne en baba James FOTO: vergunning van Rozanne McKenzie

Rozanne en baba James
FOTO: vergunning van Rozanne McKenzie

“Ek het nou selfs meer respek en liefde vir haar omdat sy dit als alleen gedoen het, noudat ek weet hoe moeilik dit is – selfs met ’n goeie ondersteuningstruktuur soos sy en Chris,” vertel Rozanne oor Ann, wat ’n enkelouer is. Ann het spesiaal van Londen af kom kuier om James te leer ken en Rozanne by te staan.

Rozanne het baie wat sy haar kind wil leer. Wanneer hy 16 jaar oud is, hoop sy hy sal homself al goed genoeg ken.

“Hy moet trots wees op wie hy is en hy moet nooit bang wees om homself te wees nie, of toelaat dat enigiemand hom probeer verander nie,” sê sy.

Nóg ma’s wat hul eerste Moedersdag vier