FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só vier Oprah haar 60ste verjaarsdag + 10 interessante feite

Haar 50ste het sy saam met bekendes op televisie gevier gevolg deur ’n formele geleentheid, maar vir haar 60ste beplan die kletskoningin ’n stil dag in haar huis in Los Angeles. 

Dié miljardêr Oprah Winfrey vier vandag haar 60ste verjaarsdag en gaan volgens die Chicago Tribune, die dagblad van haar tuisdorp, net ’n rustige ete by haar huis in Kalifornië hê.

FOTO’S: Oprah in Suid-Afrika

’n Bron sê aan dié tydskrif dat sy ’n baie groot partytjie wou hou, maar het later besluit om dit klein te hou nadat die gastelys net te lank geraak het.

WAT DINK JY? Gaan Oprah ons verras en wel ’n groot partytjie hou?

10 Interessante feite oor Oprah

  1. Haar regte naam is Orpah, maar mense het dit verkeerd uitgespreek.
  2. Haar ouma het haar leer lees en skryf op die ouderdom van 3.
  3. Sy het haar eerste paar skoene as 6-jarige ontvang.
  4. Sy het baie arm in Mississippi grootgeword. Haar ma was ’n tiener toe sy vir Oprah gekry het.
  5. Oprah hou al dagboek sedert sy 15 jaar oud is.
  6. In 2010 het sy uitgevind sy het ’n halfsuster waarvan sy nie geweet het nie.
  7. Sy is afgedank by haar eerste televisie-werk nadat hulle gesê het sy is “ongeskik” vir televisie.
  8. Sy was die eerste swart miljardêr in die geskiedenis.
  9. Nadat sy in 1998 deur die Emmys vereer is vir haar bydra tot televisie, het sy haar naam onttrek om weer vir ’n Emmy in aanmerking te kom.
  10. Haar 50ste verjaarsdagpartytjie in 2004 is uitgesaai en bekendes soos John Travolta, Jay Leno, Tina Turner en Stevie Wonder was daar.

Bron: Chicago Tribune en HELLO!