Het jy gehoor?

Vier SA filmmakers kwalifiseer vir internasionale kompetisie

Vier Suid-Afrikaanse filmmakers het die kortlys gehaal vir Louis Vuitton se Journeys-toekennings.

Dié modehuis, in samewerking met die regisseur Wong Kar Wai (In the Mood for Love en My Blueberry Nights) het die Journeys-toekennings begin sodat ontwikkelende filmmakers die geleentheid kry om hul talente te toon.

Vyftien filmmakers van regoor die wêreld het die kortlys gehaal, waarvan vier Suid-Afrikaners is!

Michael van Rooyen se Wandering & Wondering, Mark Strydom se In A Time Without Love, Sarah Jane Nicholson se A South African Journey en William Francis Nicholson se Luhambo is die vier Suid-Afrikaanse flieks wat vir dié internasionale kompetisie kwalifiseer.

Besoek die Journeys-toekennings se webtuiste om vir die flieks te stem.