FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Vin Diesel vernoem dogter na wyle Paul Walker

Vin Diesel het weer pa geword en het besluit om sy pienkvoet na sy medester Paul Walker te vernoem. 

Vin Diesel (oftewel Mark Sinclair) en Paul se vriendskap het begin op die Fast & Furious-stel. Maar groot was die hartseer toe Paul in 2013, terwyl hulle aan die sewende Fast & Furious-fliek geskiet het, verongeluk het.

Die 47-jarige Vin Diesel het in ’n onderhoud verklap dat hy sy dogter Pauline na Paul vernoem het.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

“Hy [Paul] was in die kamer. Ek het aan geen ander mens gedink toe ek die naelstring gesny het nie. Ek het geweet hy was daar en ek wil sy nagedagtenis deel van my geheue hou, deel van my wêreld,” het Vin Diesel gister op die TV-program Today gesê.

Pauline is Vin Diesel en sy meisie, Paloma Jimenez, se derde kind. Hulle is reeds die ouers van Hania Riley (6), en Vincent Sinclair (4).

Furious 7 begin in April in teaters draai.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Bron: Today en ET Online