Het jy gehoor?

Akteur Vince Vaughn gaan pa word

Dié Hollywood-akteur (40) en sy vrou, Kyla Weber, het 6 maande ná hul huwelik buite Chicago in Januarie bekend gemaak dat hul eersteling op pad is. Kyla is ‘n Kanadese eiendomsagent en die twee het op Valentynsdag verlede jaar verloof geraak.

Vince is voorheen romanties verbind aan Jennifer Aniston.

In ‘n vorige onderhoud met dié Couples Retreat-ster, het hy erken dat hy nou vir die eerste keer gereed is vir kinders. “Ek was so ver baie voorspoedig in my loopbaan, en my lewe het vir so lank om my loopbaan gedraai dat mens begin verveeld raak daarmee. Ek is nou gereed daarvoor dat my lewe om ander mense en dinge draai.”

Bronne: www.usmagazine.com, www.people.com

Vince Vaughn in Couples Retreat: