Het jy gehoor?

Violis neem deel aan Winterspele

Vanessa Mae, wêreldbekende violis, het bewys dat viool stryk nie haar enigste talent is nie. Dié musikant gaan Thailand vanjaar in sneeuski verteenwoordig by die Olimpiese Winterspele, skryf Die Burger.

Nadat Vanessa die naweek aan ski-items in Slowenië deelgeneem het, het sy vir vanjaar se Olimpiese Winterspele gekwalifiseer.

5 feite oor Vanessa Mae:

  • Sy het ’n Thaise én ’n Britse paspoort.
  • Haar pa bestuur hotelle en haar ma is ’n konsertpianis.
  • Toe sy drie jaar oud was, het Vanessa begin klavier speel.
  • Sy het twee jaar later (as vyfjarige) begin viool speel.
  • As dertienjarige was Vanessa die jongste solis wat konsertstukke vir die viool deur Beethoven én Tsjaikowski opgeneem het.

(Bron: Wikipedia.org)