vir altyd
Het jy gehoor?

Vir Altyd: Ontmoet die karakters

Verlede week het ons vir julle ’n lusmaker gewys van Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuutste fliek, Vir Altyd, en nou is dit tyd om die karakters te ontmoet. 

Ontmoet die twee hoofkarakters in VIR ALTYD. Hierdie rolle word vertolk deur Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle neem jou saam op ‘n GROOT avontuur – geniet dit!

Ben and Marietjie word deur Dirk Stoltz en Illse Roos vertolk. Hulle is in Mauritius om nuwe lewe in hul huwelik te probeer blaas.

In dié video ontmoet ons vir tannie Betsie en oom Paul wat deur Elize Cawood en Wilson Duster vertolk word.

Ontmoet Dominee Willem & Ronel – gespeel deur André Stolz en Hélène Truter.

Ontmoet Johan en Christel, Nina (Donnalee Roberts) se ouers. Dié rolle word vertolk deur André Jacobs & Deirdre Wolhuter.


Vandag ontmoet ons vir Retief (Stiaan Smith), Nina se verloofde, en Sylvan (Sans Moonsamy), die oor-entoesiastiese toergids in Mauritius.

Ontmoet vir Gert (Geon Nel) en Michelle (Laré Birk) wat by die eerste troue in die fliek die strooijonker en strooimeisie is.


Eerste aan die beurt is Caylem Else en Nicky de Kock wat die jonger weergawes van Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) vertolk.

Hou SARIE.com oor die volgende paar weke dop om nóg karakters te ontmoet.

Vir Altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE tree as trotse mediavennoot op.

Lees ook