FOTO Hanri Human Fotografie

FOTO Hanri Human Fotografie

Het jy gehoor?

Vir stralende vel: Amalia se Lenteslaai

Amalia Uys is die beeldskone rooikop met die mooiste melkwit vel – vlekloos en stralend. Haar geheim vir ’n vel wat gloei en blink hare? ’n Vars en gesonde Lenteslaai!

In Sy Klink Soos Lente is haar karakter, Linda, ’n supergesonde vrou, nes Amalia self. Dié karakter, ’n energieke, doelgerigte ouditeur, is viets en slank. En sy straal van binne en van buite.

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

Amalia glo ook jy is wat jy eet. “Dit is my gunsteling-slaai: Dis propvol goodies en laat jou vel straal. Die slaai verminder werklik inflammasie in die vel en die pampoenpitte is ryk aan sink, wat veral goed is hiervoor. Dis kleurryk, vullend en smullekker!”

Daar het jy dit.

Lenteslaai vir ’n stralende vel

“Ek gee nie hoeveelhede nie, want dit hang maar af van smaak en hoeveel mense saam eet,” sê Amalia.

BESTANDDELE

* olyfolie

* balsemasyn

* heuning

* sout en varsgemaalde swartpeper

* rooi-ui in dun ringe gesny

* sade soos pampoenpitte, sonneblom- en vlassaad (flax seed)

* aspersies

* broccoli

* roket

* basiliekruid

* ment

* aarbeie

* suiker-ertjies (sugar snap peas)

* avokado

* gegeurde bokmelkkaas, te koop by Woolworths.

METODE

1. Meng olyfolie, asyn, heuning en sout en peper en voeg die uie daarby. Laat dit week tot die uie sag en deurdrenk is.

2. Rooster jou sade in ’n pan op die stoof met ’n bietjie botter.

3. Stoom die broccoli en aspersies vir 2 minute. Dit moet nog bros wees!

4. Sny al jou slaaibestanddele.

5. Sodra broccoli en aspersies afgekoel het, begin als uitpak op ’n groot houtplank. Rangskik soos jy wil.

6. Strooi  die geroosterde sade oor.

“Vir variasie kan jy gerookte hoenderstukkies byvoeg, of selfs gerookte forel,” vertel sy.

So proe Lente … As jy gewonder het …

amaliagif

- Amalia is die voorbladster van ons September-uitgawe, te koop tot Maandag.

SEPTEMBER 2016 Amalia Uys

Lees nou

5 sexy items wat elke vrou mág dra

SA se top-10 gunsteling-katte vir 2016

5 indrukwekkende hond-makeovers, jy sal wens dié kunstenaars sny jou hare