FOTO: Instagram Breastfeeding in Combat Boots

FOTO: Instagram Breastfeeding in Combat Boots

Het jy gehoor?

VIRAL-FOTO: 10 Ma’s borsvoed in hul weermag-uniform

Die internet gons omtrent oor dié foto wat wys hoe 10 ma’s in die Amerikaanse weermag hul babas in hul uniforms borsvoed, berig E! Online. 

Die foto op Breastfeeding in Combat Boots, ’n Facebook-blad wat vroue help om hul werk in die weermag en ma-wees (veral borsvoeding) te balanseer, is al meer as 10 000 keer gedeel.

This beautiful photo, taken by Tara Ruby Photography, has been removed from both her page and this one already today. I’…

Posted by Breastfeeding in Combat Boots on Friday, September 11, 2015

Die fotograaf van die foto, Tara Ruby, wat voorheen deel van die lugmag was, het die foto geneem met die doel om meer vroue in uniform aan te moedig om te borsvoed, berig die Daily Mail.

“Die ondersteuning is oorweldigend. Ek glo ons het meer vermag as wat ons verwag het … Ons het geskiedenis gemaak!” het Tara op Facebook geskryf.

Bronne: E! Online en Daily Mail

Lees ook