Prins George se amptelike Kersfoto's in 2014
FOTO: Ed Lane Fox/Kensington Paleis

Prins George se amptelike Kersfoto's in 2014 FOTO: Ed Lane Fox/Kensington Paleis

Het jy gehoor?

Viral-foto: Prins George se ewebeeld

Die jongste foto wat vinnig oor die internet versprei het, het ’n koninklike aanslag. 

Dié Britse kleuter se 17-jarige peetpa het hierdie foto op sy Reddit-profiel gedeel met die byskrif: “My peetkind dink hy is prins George”.

NSlclfc

FOTO:Reddit

En ons kan die ooreenkoms sien!

Hello! het met die kleuter, John, se ouers gepraat en pa, ook John, sê toe sy seun die voorblad sien, het hy dadelik gesê: “Kyk, dit is ek!”

Die gesin het nie verwag dat die foto wêreldwyd opslae sou maak nie. Pa John glo self nie dat sy seun soos die klein prins lyk nie, maar hy sê mense maak gereeld dié opmerking.

Soos prins George het sy eweknie ’n koninklike naam (John III) en alhoewel dié gesin in Kanada woon, is hul dorpie se naam Londen. En soos George sy pa by sy polo-wedstryde ondersteun, het John III ook ’n verbintenis met perde: sy oom het resiesperde en een is na hom vernoem: Smiling Johnny.

Kate, die hertogin van Cambridge, en prins George by prins William se polo-wedstryd FOTO: Getty Images/Gallo Images

Kate, die hertogin van Cambridge, en prins George by prins William se polo-wedstryd
FOTO: Getty Images/Gallo Images

Bron: Hello!