VIDEOGREEP: Youtube

Het jy gehoor?

Viral-video van die dag: Eerste soen

Die filmmaker Tatia Pilieva het 20 vreemdelinge gevra om mekaar vir die eerste keer te soen en dit op kamera vasgevang. Die resultaat? ’n Baie oulike video wat die ongemak en senuwees wys wat gewoonlik met ’n eerste soen gepaardgaan.

Die video is binne twee dae meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

Al wat vir die vreemdelinge gesê is, is om mekaar te soen en die oomblikke vóór die soen is net so interessant as die soen self.

Wat dink jy van dié video?