FOTO Instagram / @angelcandices

FOTO Instagram / @angelcandices

Het jy gehoor?

Supermodelle nou superma’s!

Vriende wat saam swanger word, bly vriende. Só kan jy sê van die Victoria’s Secret-modelle Behati Prinsloo en Candice Swanepoel. Die twee beste vriendinne wat albei nou oorsee bly, een in Amerika en die ander in Brasilië, is reeds jare lank vriende en doen basies alles saam … tot babas kry!

Is dit net goeie beplanning of per toeval? Die Suid-Afrikaanse skoonheid en Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel en haar verloofde, Hermann Nicoli, het op 5 Oktober hul seuntjie, Anacã, verwelkom. Dít slegs ’n paar weke ná die geboorte van mede-“engel“, die Namibiese model Behati, en haar man, die The Voice- beoordelaar Adam Levine, se dogtertjie, Dusty Rose, in September.

Candice Swanepoel kry haar seuntjie

Behati het dié foto van die twee vriende gedeel waar sy Candice gelukwens. “Cheers Bru, ons het dit gedoen!”, het sy aan Candice gesê.

Die 27-jariges het onlangs eers ma geword, maar hulle kon lank voor die geboorte nie meer wag nie! Candice was die afgelope Moedersdag reeds so opgewonde dat sy dié foto op sosiale media gedeel het en vir haarself en Behati gelukwens op hul byna-moederskap.

FOTO: Só lyk Behati en Adam se baba

Behati kon ook nie haar blydskap oor die vriende se gelyktydige swangerskappe inhou nie en het dié foto gedeel waar sy hulle as “dubbele moeilikheid” beskryf.

Ons hoop klein Dusty Rose en Anacã is net sulke goeie vriende soos hul ma’s!

Kyk hier die video van hoe die skoonhede vertel waar hulle eerste ontdek is:

Hier is nog ’n paar kosbare oomblikke van die twee saam:

  A video posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Lees nou

Dié jas het sy eie Instagram

Geri Halliwell swanger op 44

Candice Swanepoel kry haar seuntjie