The Voice M-157
Het jy gehoor?

The Voice: Wie gaan vir Bobby kies?

Spanning, drama en enorme talent. Sondag gaan die laaste paar deelnemers vir Bobby, Lira, Kahn en Karen sing. Hul spanne is byna vol, maar gaan die mentors daardie laaste bietjie talent kan gryp?

“Ek is bietjie bang, daar is deelnemers wat baie hartseer lyk omdat hul nie gekies word nie,” sê Karen Zoid in die nuutste uitgawe van SARIE. “Jy moenie die lewe so ernstig opneem nie. Ja, dis ’n groot oomblik, maar nie die grootste nie. Dit gaan jou troudag wees, as jou kind gebore word, mondig word. Dié is maar net iets lekkers op jou pad.”

Tog weet al vier mentors dat hulle ’n reuse-verantwoordelikheid het.

The Voice M-184

Verlede week het Vernon Barnard, wat sy sig op sesjarige ouderdom verloor het, vir Bobby en die res van Suid-Afrika in trane gehad. Bobby was so geroer dat hy byna vir Vernon gesmeek het om vir hom as mentor te kies.

“Die ander ouens het sterk persoonlikhede en ek is op my plek. Dan moet ek veg. In Engels, nog erger. Ek sou my saak soveel beter in Afrikaans kon stel, ek sou vurig gewees het,” vertel Bobby in die nuutste uitgawe van SARIE.

Maar al vier mentors se spanne raak vol.

Soveel plekke het die mentors nog oor:

#TeamBobby het nog net drie plekke oor.

#TeamKahn het nog net vier plekke oor.

#TeamKaren het nog vier plekke oor.

#TeamLira het nog vyf plekke oor.

The Voice begin hierdie Sondag om 17:30.

Lees wat Bobby, Karen, Lira en Kahn te sê het in die nuutste SARIE-uitgawe. Koop dit nou.

Maart-voorblad 2016 Karen zoid

 

Lees nou

Almal praat oor Vernon Barnard se ‘The Voice’-oudisie