Theresa May

Theresa May

Het jy gehoor?

Brittanje kry dalk vandag nog vrouepremier

Theresa May, tans die minister van binnelandse sake, gaan in alle waarskynlikheid die volgende premier van Brittanje wees, berig The Telegraph.

Daar is nog twee stappe voordat Theresa amptelik die premier word. Die Konserwatiewe Party moet haar formeel as leier aanvaar, waarna die LP’s daaroor sal stem. Daar word egter algemeen aanvaar dat haar aanstellings ’n gegewe is, aangesien die Tories in die meerderheid in die Laerhuis is.

Dít kan nog voor die einde van die dag gebeur, berig TIME, nadat haar opponent, Andrea Leadsom, uit die stryd getree het.

In Amerika sê Hillary Clinton vir Donald Trump die stryd aan. En as sy wen, het Amerika én Engeland vroue in beheer.

Sedert Januarie 2015 is daar 22 vroueleiers in die wêreld – sal Theresa en Hillary nog voor die einde van die jaar by dié lys gevoeg word?


We’ve come a long way, baby!” skryf Michélle van Breda in haar redakteursbrief in ons Augustus-uitgawe

My spontane gedagte toe dit duidelik word dat Hillary Clinton ’n kans het om in November die 45ste president van Amerika te word. Nie dat die wêreld nog nie ’n vrouepresident gehad het nie, maar dié keer, liewe aarde, ’n vrou aan die hoof van die magtigste land op aarde. Byna ’n eeu nadat die vroue van Amerika in 1920 stemreg gekry het. ’n Oomblik in die geskiedenis. ’n Oomblik van trots vir vroue. ’n Tyd om elke vrou te onthou, ook in Suid-Afrika, wat die lang, harde pad na volwaardige erkenning gestap het en steeds stap.

[...]

Kom ons erken dit, vroue kan net so onverbiddelik en onverskrokke soos mans wees. Kyk vir Angela Merkel, Duitsland se premier. Wanneer sy haar plek inneem tussen ’n see van manlike wêreldleiers, weet jy sommer sy’s g’n muurblommetjie nie. Hierdie is besigheid. Dis nie sonder rede nie dat Forbes haar lys as die magtigste leier in die wêreld, naas Rusland se Wladimar Poetin. Pres. Barack Obama is nommer 3!

Dís die ding van vroue, hulle kan albei doen. Die sterk en die sag, die gee en die neem, die dink en die doen, die wag en die #woema.

Die vroue vol inspirasie met wie SARIE in ons Augustus-uitgawe (nou te koop!) gepraat het vir – van Mej. Wêreld 2014, Rolene Strauss, die 50/50-aanbieder Ntokozo Mbuli, wat Afrikaans (haar vyfde taal!) moes baasraak om haar werk beter te doen, tot die hoof van ’n skoonheidsmaatskappy, Lynne Hanna, wat vir die tweede keer Everest oorwin het – wys net weer vroue skroom nie om die stryd te stry nie.

Kry jou uitgawe NOU!

rolene strauss augustus 2016