Het jy gehoor?

Semi-finaliste vir Voorbladgesig van die Jaar: Ontmoet nóg twee

En weer bewys ons dit: SA vroue is van die mooiste ter wêreld! Ná dae se kopkrap oor duisende inskrywings van reg oor die land het ons uiteindelik ons top-36. Vir één van hulle wag SARIE se November-voorblad

Leza Viviers (24), Centurion – foto bo

Lize-Maré Strauss (21), Saldanha

Lize-Marié Strauss (21), Saldanha

Elzanne Geldenhuys (31), Franschhoek

Elzanne Geldenhuys (31), Franschhoek

Tana Ferreira (22), Pretoria

Tana Ferreira (22), Pretoria

Lize Essakow (24), Midrand
Lize Essakow (24), Midrand

Carlize Earle (27), George

Carlize Earle (27), George

Monique Rautenbach (25), Standerton

Germa Schultz (18), Stellenbosch

Germa Schultz (18), Stellenbosch

Patria Joynt (22)

Patria Joynt (20), Kaapstad – foto bo

Madelein Pretorius (20), Klerksdorp

Madeleine Pretorius (20), Klerksdorp

Sindy Vlooh (26), Uitenhage

Sindy Vlooh (26), Uitenhage

Johanna Bezuidenhout (32), Germiston

Johanna Bezuidenhout (32), Germiston

Melissa Visser (20), Krugersdorp

Melissa Visser (20), Krugersdorp

Berdine Lotter (21), Witbank

Berdine Lotter (21), Witbank

Francé Grobler

Francé Grobler (18), Bethlehem

Carolyn Forword (25), Kaapstad

Carolyn Forword (25), Kaapstad

Yolandi Traut (19), Bellville

Yolandi Traut (19), Bellville

Mia de Klerk (36), Midrand

Mia de Klerk (36), Midrand

[box:full:grey:both]

Janie du Plessis - SARIE Julie 2012 Kry jou Julie-uitgawe van SARIE – al 36 finaliste is daarin te sien

[/box]

  • Hester Heuschen

    Yolandi Traut is ‘n pragtige meisie!!

  • Lisa

    Yolandi is my gunsteling. Ek is amper seker sy was ‘n mej. Bellville en ook ‘n mej. Tiener -finalis – ek dink ek het haar ook in Sports Illustrated gesien. Mooier is daar nie!

  • Ansophe

    Is dit dieselfde Mia de Klerk wat Dans!Dans!Dans! op Kyk-net aangebied het en ook me. Namibie was in 2000? Ek dink nie so nie, hierdie Mia lyk anders. Help, asb..

  • Veronica

    Mia jy’s ‘n pragtige jong vrou. Hou styf duime vas vir jou onder die finale 10.

  • Mariscka

    Francé Grobler, jy is beautiful en jy het regtig pragtige oë! Strongz!!*

  • Natie Nieuwoudt

    Vir my is France pragtig

  • Karin

    Hi Sarie Is dit mooontlik om dalk by elkeen van die 36 finaliste net ‘n link by te sit na hulle inskywing op die website. Dit laat mens anders na hulle kyk as mens al 3 foto’s sien. Die foto wat geplaas is, is nie noodwendig die een waarop hulle die mooiste lyk nie. Dit help ook om te sien hoe veelsydig en fotogenies van die deelnemers is.

  • Zetta Pieterse

    France Grobler is absoluut pragtig.

  • Juliana Vandersmit

    Anneke Vandersmit (Basson) is pragtig!

  • Albertje Fouche

    Ek dink Mia is onse Mimi se Mia, sy is pragtig en ek hoop sy wennnn!!!!!!!!!

  • Theresa

    Yolandi Traut is ook my keuse!

  • Ansophe

    Ja, dankie – sien nou Mia is Onse Mimi se dogter!

  • Paul

    Moet jy bekend wees of n titel he of n model wees om onder die finaliste te kom??? Of is die eintlike doel om n vars nuwe gesig te vind? of nie……..

  • Hetta

    Stem saam met jou Paul…..meeste van die finaliste is by model agentskappe, hoe staan die ander meisies ‘n kans om in te kom in so ‘n kompetisie…..

  • Anita

    Melissa sal beslis die voorblad van Sarie versier. Ek glo sy sal wen.

  • Pierre

    ‘n Bondel sprankelende energie. " Proudly South African ". Ons volgende Sarie voorbladgesig. Baie trots op jou.

  • Pierre

    My kommentaar is gemik op Melissa. Die mooiste van hulle almal

  • Andriette

    Melissa is stunning!!

  • Anita

    Melissa Visser – nie Kruger nie. Ek dink julle het bietjie deurmekaar geraak met Krugersdorp. Almal maak maar soms ‘n foutjie.

  • Thelma Booysen

    Melissa is pragtig. Glo sy sal die top 10 haal en ook voluit verder!!

  • Noleen

    Wanneer sien ons meer van die ander finaliste.Ek dog Sarie gaan elke dag twee fotos plaas van die ander finaliste.

  • Estelle

    ‘n Pragtige jongdame het ingeskryf (bietjie oorgewig) maar absoluut stunning! Ek sien in al die finaliste is daar nie een dame met ‘n voller figuur nie! Beteken dit dat Sarie net na die skraal dames kyk??

  • Vic

    Sien weereens geen voller figuur dames nie
    Almal hier is pragtig maar ek dink dit sal voller figuur dames baie meer motiveer om ook mooier te voel en goed te voel oor hulself

  • Marcia

    Vic/Estelle
    Ek stem 100% saam, en dit is nie nodig dat ‘n voller figuur se selfvertroue gelig moet word nie, hulle het selfvertroue en hulle is absoluut pragtig, kyk bietjie weer na die voller figuur jong dames, hulle straal absoluut en is stunning verby (party gesiggies baie mooier as die was gekies is)

  • Hanri

    Carlize, jy lyk ongelooflik! En dit vir n nuwe mamma. Knap gedaan! Weet jy gaan sommer baie goed doen!

  • Sonja

    Ja, Estelle, ek stem saam. Ek dink jy verwys na Mariska Fourie, Anika Hoffman of Juanita Badenhorst. Hierdie drie het regtig uitsonderlik mooi gesigte. Aangesien dit ‘n VOORBLAD -kompetisie is (en nie ‘n model -kompetisie nie), waarom is nie een meisie wat mooi is, maar effe geset is, gekies nie? Sowat 25 van die 36 meisies is modelle of reeds bekend om ‘n ander rede – Sarie moet dan eerder die naam van die naam van hierdie kompetisie verander.

  • Henriette

    Melissa is ‘n pragtige meisie…..Sprankel gesiggie vir die voorblad…

  • Estelle

    Sonja hulle aldrie is pragtig maar ek verwys na die mooie Candy

  • Linda

    Ek dink al 36 finaliste is uitsoek gesiggies. Sarie het die moelikste taak om top 10 te kies. Konsentreer asb. op die 36. Hulle verdien dit almal oor en oor. Die res is " history ". Verby en klaar.

  • marlene swarts

    Melissa jy is die mooiste meisie van almal !!!! Glo jy sal defnetief wen !!! Sterkte !!!!

  • Brenda

    Melissa Visser is verseker voorblad materiaal! Pragtig!

  • marie

    as dit die "attitude" is dat daar net na skraal dames gekyk word, hou ek as oorgewig dame op om sarie te koop!!!

  • Alicia Richter

    Helo almal, ek het ook deelgeneem aan die kompetisie en weet nie of ek plek gekry het of nie, maar ek stem saam die wat sê daar moet eerder voller figuur meises/dames gekies word. Hul is vir my soms die mees opregte mense op aarde en sou ek inkom sal ek enige tyd my plek gee vir een van hul. Sterkte aan almal van jul.

  • LC

    Die kommentaar hier is absurd! Hierdie is nie weighless se voorblad gesig nie!!! FYI waar is die ander finaliste.

  • Johan

    @ Hetta en Paul, my dogter is onder top 36 en nie ‘n model, ook nie bekend nie. So ja, almal staan kans, afhangende waarna Sarie soek

  • KARIN

    @Johan – ek hou van jou kommentaar. Ek kan nie verstaan wat die probleem is nie. Dit bly Sarie se kompetisie. Die finaliste is mooi. Ek is ook oorgewig maar is beslis nie suur omdat maer meisies onder die finaliste is nie. en gaan beslis nie ophou om Sarie te koop nie. Corlea was ook al op die voorblad en sy is nie maer nie. Die wenner gaan ander modelwerk ook moet doen. Mooi verskil van mens tot mens. Hou aan met die goeie werk Sarie en ignoreer die negatiewe kommentaar, Dis ‘n wonderlike geleentheid, nie net vir ie wenner nie. Dalk sien ‘n modelagentskap een van die deelnemers raak. Onthou as jy deelneem het jy ‘n baie klein kans om te wen – enige iets is moontlik maar wees net realisties ook as jy deelneem.

  • Karin

    Sindy en Yolandi is vir my ongelooflik mooi!

  • Zanelle

    Francé is ‘n pragtig meisiekind…EN van die Vrystaat!

  • Miranda Horton

    Almal het regtig iets baie spesiaal! Sindy & Johanna het vir my die "X-Factor".

    Sterkte!

  • Lizelle

    Almal van julle is pragtig, maar daar is iets omtrent daai rooikop, Carolyn! Sy het soveel sprankel in haar, dit borrel uit haar uit! Sterkte aan julle almal.

  • Hester

    Sindy jy lyk stunning! Besliks ‘n voorbladgesig.

  • welmarie

    @LC – glo jy my nie alle voller figuur dames het weighless nodig nie, en vir jou inligting Sarie is vir alle dames nie net skrales nie!!!!!!!!!

  • ElmaTiran..

    Wel al wat ek kan se is dat ek verbaas is dat n vrou in gekom het van 36 …Ek weet nie hoekom is die kompetisie oop vir alle ouderdomme nie wat die ouer dames staan GEEEEEEN kans nie..of die met n meer voller lyf. nie…..
    Hulle moet maar die net se — voorblad kompetiese vir dames tussen 18 en 25 —dan weet jy die ander nie om hulle tyd en enregie te mors nie….
    se maar net……

  • LC

    @Welmarie, om so ‘n stelling te maak is ‘n klap in die gesig van al die 36 finaliste! Ek dink al 36 is pragtig en ‘n baie gesonde gewig waarna almal behoort te strewe!

  • ElmaTiran..

    Wel my gunsteling is die meisie met die pienk hoed…Sy het DIE mooiste glimlag…Die hoed pas haar 100%……Carolyn Forword…..PRAGTIG……..

  • Liesl

    Ek dink dis belangrik om te onthou dat dit nié gesond is om oorgewig te wees nie. Ek voel dat die SARIE-voorbladgesig iemand moet wees met ‘n figuur wat ‘n gesonde leefstyl weerspieël. En ek dink die finaliste lyk almal pragtig en gesond!

  • Dalene Kruger

    Verseker, is Melissa ‘n pragtige meisie.
    Innerlike skoonheid kom na vore as jy na haar kyk.
    Voorwaar ‘n aanwins. Mooier as mooi.

  • Minke

    Moet se, die Sarie span het n moeilike taak gehad om 36 meisies te kies uit al die inskrywings. Daar is regtig pragtige meisies daar buite. Maar moet se, die wat sover gekies is is almal stunning. Sie uit om die res te sien!

  • Sune

    Carlize is beslis ‘n voorblad gesig. Ek hou duimvas dat sy wen!

  • Leonie

    Ek deel ElmaTiran se sentiment tov ouderdom van deelnemers. Verlede jaar was ook oop vir alle ouderdomme – kyk watter ouderdom het toe gewen. Dit word die jaar net weer herhaal – kyk na die finaliste se ouderdomme. Dit is onrealisties om te verwag dat ‘n 45jarige mature vrou kompeteer met ‘n 20jarige. Ek moet ook se, ek dink dis ‘n groter prestasie/pluimpie om op 45jr goed te lyk, op 20jr is dit amper die norm. Dit sal wel interessante statistieke maak om te sien wie eintlik die grootste lesergetal uitmaak – die vrouens onder 35 of die bo 35. Wat sou hulle wou sien & mee vereenselwig? Maak liewer die ouderdomme dan vas vir die gesiggie wat julle eintlik op die voorblad wil he.

  • Joan Hendey

    Ek dink France Grobler sal definitief wen. Sy is absoluut pragtig.

  • MoniqueB

    Verseker Patria en Carolyn!!! Daai tweetjies het ‘n baie vars, onopgesmukte skoonheid. Hulle lyk soos ‘n vars briesie tussen die ander klomp. Ja ja, Melissa en France en Sindy ens is ook mooi, maar hulle het ‘n alledaagse, afgesaagde mooi wat jy om elke hoek en draai sien. Carolyn en Patria is uniek en opwindend en die tipe mooi wat NOU is! Hulle voorkoms vier andersheid en diversiteit en ‘n mens sal nooit moeg raak vir hul voorkoms nie: interessant en lieflik. Ek hoop een van julle twee wen… X

  • Elizabeth Avenant

    ‘n Hele paar mooies! Sterkte aan elke deelnemer!

  • Lize

    Carlize is beeldskoon!! Verseker my keuse vir Sarie Voorbladgesig 2012!

  • Johan

    @MoniqueB

    is ook mooi, maar hulle het ‘n alledaagse, afgesaagde mooi ????????
    Wat ‘n snaakse kommentaar. Afgesaagde????? hahahahahahah

  • AlmavWyk

    Lize Ezzakaw en Madelein Pretorius pas die beste by die SARIE Voorblad gesig. Maak nie saak of jy mooi is of maer of vollyf is of watokal nie, SARIE soek iemand wat die beste by hulle "image sal pas", en dis defnitief hulle.

  • Jane Brits

    Elzanne is so beautiful! By far the favorite!

  • ElmaTiran..

    Leonie ek stem 100% saam met jou ..Dink net as n ouer dame daai geleentheid kan kry om mooi gemaak te word en dit is juis hulle wat die tydskrif koop….Laat ons sien wat gebeur volgende jaar dalk gee hulle aandag aan dit….

  • Ou Vic

    Ek stem saam met Leonie. Daar was ‘n pragtige rooikop van 50 wat deelgeneem het met ‘n lyf wat lyk soos ‘n 20 -jarige s’n – wraggies ‘n prestasie en ‘n voorbeeld vir elke vrou om na te streef. O ja, sy is nie my vroutjie nie (ongelukkig nie). Daar skort niks met my oë nie – ek is 48 (en vol hormone!). Sarie moet regtig maar die kompetisie ‘toemaak’ vir vroue oor 35, want hierdie vroue (al lyk hul hoe goed) het geen kans nie – ek is ook seker hul het beter goed om hul kosbare tyd mee te verwyl.

    Yolandi, Melissa, Germa en Madeleine is modelle, Carolyn is ‘n aktrise, Sindy het aan Sarie se bruidskompetisie deelgeneem (en ‘n ander bruidskompetisie ook waar sy onder die finaliste ge-eindig het), Elzanne se foto hier is nie een van die wat sy vir die kompetisie ingestuur het nie en Mia is lyk my Mimi Coertze se dogter. Wat is die punt hiervan? Wel, dis dat Sarie hierdie meisies al meermale te siene gekry het en gewis weet dat hul mooi is – onregverdig teenoor diegene wat net op hul drie foto’tjies beoordeel moes word. Maak die speelvlak gelyk, Sarie.

  • Ronelle

    Madelein Pretorius is definitief my voorblad gesig. Sy is beeldskoon, sag en onskuldig. Nie eers n ons grimering op nie, dis wat mens noem natuurlike SKOONHEID.
    Gaan kyk weer gerus na haar foto.
    Meisiekind, jy is pragtig!

  • Marietjie van de Wall

    Almal is mooi, maar Leza en Sindi het daardie X-faktor!

  • Anita

    Liesl, ek stem saam dat al die finaliste baie spesiaal is. Ek dink MELISSA het daai ietsie ekstra om die SARIE se voorblad te versier. Kan nie wag vir die Top 10 nie.

  • Pieter

    JIS MELISSA VISSER is verseker my gunsteling, sy het n gesiggie wat skyn !!

  • Bart

    As melissa visser nie wen nie , dan weet ek nou nie !! sys rerig pragtig !!

  • Mel

    Ek sien die top 10 is klaar gekies in die nuwe tydskrif.Die ander finaliste is nog nie op die web gewys nie.Ek hou my duime vas vir een van ons kleurling dames veral die een met die pink hoed.Ons sal so trots wees.Ek dink sy staan a goeie kans.Die hele oosrand en Boksburg sal trots wees op haar.Ek weet nie waarna die beoordelaars kyk nie,maar ek dink sy is iets besonders.Ek wens ook elke deelnemer my beste my beste wense en voorspoed toe.

  • stefan

    @ Monique B , sal nie se jou woordesaktting is baie van pas vir die komentaar van jou "afgesaagde" aanmerkings nie , dalk is daai afgesaagde gesigies wat die Sarie lesers soek en dalk nie . Daar is beter en mooier maniere om dinge te stel ! Stekte aan elk van die finaliste mag die een wat die verdien wen !

  • Mariette

    Sjoe,wat ñ span pragtige meisies is dit nie.Dink dit gaan baie moeilik wees om te kies.Aan al die deelnemers baie sterkte- jul het elkeen iets spesiaal wat uitstaan.

  • Leonie

    ElmaTiran & Ou Vic – dankie dat julle my opinie deel. Daar is ongelukkig bitter min (indien enige) tydskrifte wat vroue bo 40 plaas vir ‘n voorblad (behalwe as sy natuurlike ‘n titel het of aktrise is). Dit word ‘n cliche. Elke lewensseisoen het sy eie mooi en dit is dalk tyd om te wys dat vroue bo 40 nie hoef terug te staan nie. Dis die lewensseisoen waar karakter wys – die jare se sterk wees, vasbyt & deursettingsvermoe. Die skoonheid wat dan agterbly is ‘n skoonheid wat verdien is. Dit gee ‘n rypheid & karakter wat net ouderdom kan gee. En dit verdien erkenning. Ek glo Sarie sal groot genoeg wees om volgende jaar die cliche te breek en die meer mature vrou die kans te gee vir ‘n voorblad.

  • MARGARET

    TANA FERREIRA !! WAT N BESONDERE GESIG! ABSOLUUT N WENNER !

  • ElmaTiran..

    ja Vic ek stem saam dat die kompetisie toe gemaak moet word vir die dames bo 35 …Nee ek sal se 35 is nog te hoog maak dit 28…..

  • Marlize

    berdine van witbank lyk stunning !!!

  • Nicoline

    France kan maar wen!!!Dalk Sindy?Maak nie saak of hul reeds by ‘n modelagentskap is nie-geeneen is al bekend nie!!!

  • Anoniem

    Germa Schultz is my keuse!

  • Lorné

    Madeleine moet wen!!!! 🙂

  • Gail Daniell

    SindyVlooh and Leza Viviers is my gunsteling. Stunning Girls

  • Jacqui van Deventer

    Ja nee wat, jammer sarie maar eks teleurgesteld in jou en dink jy jim sommer oor wie n kans staan om voorblad gesig te wees. Ek sal beslis nie weer n sarie koop nie, en nee ek het niks familie wat hier deelgeneem het nie.

  • Lizelle

    Leza, jy is net so pragtig. Baie mooi en oop gesig, flawless. Sterkte vir julle almal, julle is almal alreeds wenners.

  • Lucia

    Sindy Vlooh is my keuse! Sy is beslis n wenner!

  • Carla

    Yolandi verseker!!!!

  • marieta

    Tana ferreira gaan nog koppe laat draai SY HET AL DIE EIENSKAPPE VIR N PERFEKTE VOORBLAD EN SAL N WONDERLIKE MODEL UIT MAAK .sterkte TANA X

  • HESTA

    TANA DEFNITIEF TANA EKSOTIES MOOI!!! AS EK NA HAAR FEATURES KYK KAN EK NET DINK HOE N FOTOGRAAF MET HAAR GESIG KAN SPEEL !SY IS DEFNITIEF MY KEUSE .TOPMODEL STANDAARD

  • Melissa Zwart

    Daar is net 17 finaliste daar moet 36 wees!! Op n ander site is daar heeltemal ander finaliste en daar is net 35 !! Dis baie deurmekaar ????

  • Werner Wessels

    Ons kan nie glo dat Elri Gericke gedink het sy staan enigsens ‘n kans nie???. Dit is soos pop-idols, kon haar man of boetie of sussie of whatever nie dalk vir haar gesê het jy staan nie ‘n kans nie? Wat het jy nou actually van jouself gedink om teen sulke REGTE modelle te probeer kompeteer, lol!! My girl gaan verseker wen, julle sal nog sien wie…

    • Meisie

      Hi ou liewe Wernertjie, daar is nie iets soos n lelike vrou nie. Wie is jy om n vrou te laat twyfel in haarself???? O kan ek jou se “wat moes sy van haarself gedink het?”…Elke vrou is uniek hoe God haar geskape het en jy seun het geen reg om dit van enige iemand te ontneem nie!

  • Jonathan Blignaut

    Stem volkome saam dat daai girl absolute geen looks het nie, maar ek stem glad nie saam met jou oor jou girl wat gaan wen nie, just watch this space!

  • Jaco Reyneke

    Ja nee liewe genugtig, ons stem volkome saam! Lyk vir ons elke liewe jan, rap en sy maat wat weet hoe werk ‘n kamera het ‘n foto ingestuur. Waarom ‘sif’ hulle nie eers die fotos ‘n bietjie voordat hulle dit op die webwerf plaas nie??? Regtigwaar as sulke girls dan nie vir hulleself kan dink nie, dan moet die tydskrif dit mos maar vir hulle doen? En nie publiseer nie???

    • SARIE.com-span

      Hi Jaco

      Hierdie is die top-36 semi-finaliste van die Voorbladgesig-wedstryd van 2012.