010311srh_cover
Het jy gehoor?

Voorbladgesig-wedstryd: 30+ lesers kan nou ook inskryf!

SIEN ALLE VOORBLADGESIG-INSKRYWINGS

Só skryf sy:

“Daar tref ’n tsoenami in die kleine ons toe. Skaars het SARIE aangekondig dat ’n leser een van ons glansvoorblaaie vanjaar gaan haal en die inskrywings begin instroom.

Vir ’n oomblik herinner dit ons aan die 80’s en 90’s toe ons ’n soortgelyke wedstryd aangebied het en duisende vroue ingeskryf het. Vir óns was dit ewe opwindend, want ook ons vergeet soms watter voorreg dit is om te pryk op die voorblad van ’n glanstydskrif soos SARIE, wat natuurlik net 12 voorblaaie per jaar het. Dié keer is die opwinding ewe groot, maar tog is daar iets anders …

Tussen al die gejuig oor die wedstryd deur is daar briewe waarin lesers kapsie maak teen die ouderdomsperk van 18 tot 30. Nie oor die 18 nie, maar oor die 30. Duidelik het ons vroue bo 30 se begeerte om op SARIE se voorblad te wees heeltemal onderskat. En toegegee, vir ’n oomblik het ek uit die oog verloor dat ouderdom nie saak maak nie – iets wat ek tog dikwels sê, ook in hierdie redakteursbrief, en onwrikbaar glo.

Kommentaar soos “Ek is 40+ en ek dink ek staan ’n kans vir só ’n fantastiese geleentheid”, “Anna-Mart is in my ouderdomsgroep en sy is die beste van al SARIE se voorblaaie”, “Ek het pas 40 geword … en om dit te maak tot op SARIE se voorblad sal die cherry op die koek wees!” en “’n Mooi vrou is mooi, klaar en uit, of sy nou jonger of ouer is”, “Ek is net oor 30, maar ek sal enige 30-jarige en jonger ’n go gee!”, het my midde-in die herrie tog laat glimlag.

Want dit beteken net een ding: Vroue vandag – wel, vir seker SARIE-lesers – voel goed oor hulself en het oorgenoeg selfvertroue om op ’n voorblad te wíl wees. Het ons 10, 20 jaar gelede só ’n reaksie op die wedstrydreëls gehad wat ouderdom betref? Geensins, die ouderdomsperk van 25, en later 23, is nooit bevraagteken nie.

Dinge hét verander en dis ten goede. Vroue is meer bewus van die voordele van fisiek en emosioneel gesond leef – juis omdat ons teen so ’n vinnige pas beweeg. Vandag kan ons (en ja, soms help ons die natuur so ’n bietjie aan!) 20 lyk op 30. Of 40 op 60, soos Cher onlangs op Vanity Fair se voorblad. Ons laat ons stem hoor en eintlik kan ons enigiets wees wat ons wíl. Net daardie wete kweek selfvertroue. Vroue laat nie meer toe dat hulle in boksies geplaas word nie, nie in hul verhoudings, in hul loopbane of deur hul tydskrif nie!

Sou jy my op dié oomblik vra wat die mooiste voorblad maak, sal ek sê selfvertroue. Ná ’n mooi vel en oë en ’n glimlag wat praat, bly selfvertroue ’n vrou se heel mooiste eienskap. 

So, hiermee stel ek SARIE Inspirasie Voorbladgesig-wedstryd vir 2011 oop vir almal van 18 en ouer. En dis reg so, want ouderdom ís irrelevant. Nou wag ons net op jóú inskrywing.

Tot ons weer gesels wanneer die Mei-uitgawe vanaf 18 April met ’n treffer- mode-en-skoonheidsbylaag op die rak is.     

NS: Almal wat byna 18 is, volgende jaar het jy ’n kans!”  

 – Michélle

Michélle van Breda



  • Theresa Das

    BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING DEUR DIE JARE.

  • Karin

    Ek is bly hieroor – ek ken vroue van 30+ wat pragtig is!

  • Karin

    Ek is bly hieroor – ek ken vroue van 30+ wat pragtig is!

  • Novelle

    Ek hoop jul het weer volgende jaar so ‘n kompetisie. Ek sou wat wou gee om in te skryf, maar ongelukkig is ek op ‘n plek in my lewe waar ek so bietjie van ‘n "vol" figuur het… en dit sal nie baat nie!

  • Talya de Lange

    Ek wil hierdie jongdame, Talaya De Lange graag inskryf vir die Sarie Voorbladgesig.
    My email is: marietjie.thompson@kelly.co.za.

  • http://Sarie.com Jesmeen jansen

    Ek wil graag inskryf eks 18jr oud jesmeen jansen van die weskaap skakel my asseblief by 0788408872,of by 0219049198.EK SAL DIT WAARDEER.DANKIE

  • Isoldé Joubert

    Ek wil graag in skryf. My email is isoldejoubert@yahoo.com. Selfoon: 084 5698110

  • adri van wyk

    Baie dankie SARIE dat ons "ouer" dames ook n gellentheid kry om in te skryf vir die kompetisie!!! SARIE bly tops!!!

  • Rian Geldenhuys

    Ek bewonder SARIE vir hierdie inisiatief. Menige pragtige vroue buite die "modebedryf" verdien ook om op die voorblad te wees – met net hulle uitstralende persoonlikhede. Dit is definitief nie nodig om lank en slank te wees om super – selfvertroue te hê nie! Goed gedoen Sarie!

  • http://reksjqvvlwyi.com/ ftiasigo

    62CKUr juxuxhdxewbu, [url=http://cctarxfaejca.com/]cctarxfaejca[/url], [link=http://kbwfhasbaaht.com/]kbwfhasbaaht[/link], http://zuprgwjyxhik.com/

  • NATHALIE VORSTER

    SARIE SE VOORBLAD IS ALTYD DOELTREFFEND! ALMAL VERDIEN OM OP’N VOORBLAD TE WEES AL IS DIT OP ‘N MUUR IN JOU HUIS!

  • Lindy Zeelie

    Dink dis ‘n wonderlike kans wat jul mens bied! Ek’t kleintyd al gedroom van model wees en om in tydskrifte te pronk. Ek’t my kans gevat en ingeskryf so hopelik gebeur iets great!! Ek’t opgelet dat daar heelwat vrouens is wat meer as een inskrywing het, party 3/4 inskrywings. Word dit toegelaat? Soos ek verstaan is dit een inskrywing per persoon. En die met meer as een inskrywing word hul toegelaat of gediskwalifiseer?

  • Shantell Andersen

    Ek wil graag inskryf vir die voorblad. Ek het ‘n tweede kans gekry op my huwelik en wil net op my beste lyk vir my wonderlike Man. Baie Dankie Sarie vir die tydskrif!!!

  • http://sarie.com Lesinda

    Hi ek wil graag inskryf wta moet ek doen?

    My Email lucindatldp@yahoo.com

    Dankie

  • Suzanne

    Dit klink wonderlik. Elke fase in ‘n vrou se lewe speel ‘n unieke rol. Ek is nou in my 30 en sal graag wil inskryf vir die kompetisie.

    Hoe doen ek dit.

  • Leandri

    Die kompetisie is wonderlik!As ek ek wen kan my eerste kar bekostig!!

  • Erené Barnard

    Ek wil net weet wanneer die inskrywings sluit.

  • Chantal

    Hi Michelle

    Ons tieners is ook mal oor die tydskrif, en ek wil vra dat julle dalk n kompetisie vir die jonger meisies ook sal oorweeg. Hulle blaai daagliks deur die tydskrif, en ek is seker hulle sal ook graag op jou voorblad wil verskyn. Wat van n tiener voorblad kompetisie??

  • Anneli van wyk

    Kan n mens se fotos van jou trou fotos wees….

  • Juanita Vermeulen

    Ek probeer kommentaar lewer op een van die foto’s maar dit wys nie as ek dit klaar gestuur het nie. Ek het my naam en email adres ingesit maar dit wys nog steeds nie. Is daar iets wat ek verkeerd doen?

  • Harriet Jubber

    Hallo Sarie

    Ek wil graag uitvind of ek mag deelneem. Ek is ‘n apteker en werk in die Clicks Groep?

    Groete
    Harriet

  • Harriet Jubber

    Skuus man, ekt nou net die reels gaan less – dis jammer, klink so lekker om aan so iets deel te neem! Sterkte aan al die vroue wat inskryf!

  • huibre neethling

    sterkte aan elke dame wat deelneem..

  • Johanca

    Indien jy aan die kompetisie wil deelneem en reeds kinders het , mag jy nogsteeds inskryf?

  • Jackie Rudman

    Toe ek die eerste keer die kompetisie gesien het en besluit het om slegs vir die pret daarvan in te skryf, het ek gedink dat ek oor 5 jaar 30 gaan wees. Ek voel nog so jonk en kan nie dink hoe dit moet voel dat DERTIG al die nuutste afsnypunt is vir "jeug" nie. Ek is baie bly die ouderdom is opgeskuif. Ek dink lewenservaring gee ‘n ekstra sprankel en diepte wat ‘n kamera nie kan manipuleer nie.

  • Karin

    WATCH THIS SPACE!!!!!! Vandag word ‘n weggesteekte juweel van die Kalahari opgesit vir die voorblad kompetisie…FRANCET BESTER…

  • Ilze Botha

    Hallo Sarie (23/04/2011)

    Volgens jul inskrywing "IS JY ONS NUWE VOORBLADGESIG?" SARIE – APRIL 2011, kan jy aanlyn inskryf by sarie.com. Ek en my dogter wil inskryf maar daar is GEEN inskrywings vorm op jul web nie!!
    Hoe kan jul dit adverteer as daar geen vorm is nie. Dis mos nie regverdig teen oor die mense wat aanlyn wil inskryf nie.

    Sal dit wardeer as jul ons terugvoer kan gee.
    Dankie

    Ilze Botha
    082 561 3370

  • Corlia

    Hi my naam is Corlia, ek wil graag inskryf, kan ek dit "online" doen? en dan net my foto’s oplaai.
    My e mail adres is corlia@schauenburg.co.za

  • Nadia Bergh

    Ek wil net se dat dit een fantastiese geleentheid is wat julle geskep het vir ‘n jong vroulike dame wat ‘n voorbeeld kan wees vir baie ander…My vraag is net egter!!??…Daar het derduisende meisies ingeskryf en daar is heelwat ‘n paar van hulle wat lyk of hul al voorheen modelwerk gedoen het!!?? Watter kriteria gaan julle gebruik…?? Al wat ek wil se is…sjoeeee, en baie sterkte aan die judges,maar dit gaan een bitter moelike taak wees!! Al my liefde groete, Nadia Bergh.

  • Sammy

    Wanneer presies gaan Sarie ons laat weet wie die 30 finaliste is?

  • Rita

    Maak nie saak watter ouderdom die wenner van hierdie kompetisie is nie 18 of 80, elke vrou wat die "guts" gehad het om in te skryf ek haal my hoed vir julle af, elkeen is pragtig op haar eie unieke manier, ek kanie wag om die finaliste te sien nie ek hou duim was vir elke inskrywing jonk en ‘minder jonk" dus so opwindend, hoop daar sal meer sulke kompetisies in die toekoms wees.

  • Mable van Aswegen

    Ek is so bly ek is nie die ‘judges’ nie. Ek het ‘n paar gunstelinge, maar ek dink dat Tania Vermeulen net eenvoudig bo almal uitstaan. Sy straal ‘n warmte uit (weetie eintlik hoe om dit te beskryf nie) wat ‘n mens diep binne jou voel. Sterkte aan al die dames!

  • Annatjie de Graaff

    Ons het Sigrid Taljaard ingeskryf, nou woonagtig in die bos in Botswana, maar onthou sy is n Namibiese burger, so julle mag haar nie uitsluit nie, sy voldoen aan die reels en ook aan die skoonheid.
    Dit is nie toevallig dat dieselfde tyd toe ons haar ingeskryf het was daar 2 vrouens op die voorblaaie van tydskrifte wat net soos sy lyk nie: Nadine was op Leef en Jaqui Mol was op Keur voorblad, wys jou net, moenie haar miskyk nie!

  • Antionette James

    Kan mens nog inskryf???

  • madeleine

    sal n kaans vat my foto op fb
    madeleine meiring 45 +

  • samantha en jacky

    hey juf j lyk pragtig sterkte ons dink an jo n hoop dat j di 1 vi sarie voorblad sal wees wnt ons kan sien j is die beste kandidaat vir daai voorblad mwa.

  • anthea

    juf jys die beste luvu

  • Chantal

    Lobie, ek dink sy het die regte gesig vir die voorblad.

  • dtgzcupx

    DxBp9x amrrqfxipbgu, [url=http://obmbhnnoggbd.com/]obmbhnnoggbd[/url], [link=http://thjpdbwooeus.com/]thjpdbwooeus[/link], http://fiadmjgonzhv.com/

  • dtgzcupx

    DxBp9x amrrqfxipbgu, [url=http://obmbhnnoggbd.com/]obmbhnnoggbd[/url], [link=http://thjpdbwooeus.com/]thjpdbwooeus[/link], http://fiadmjgonzhv.com/