voorbladgesig tana november 2012
Het jy gehoor?

Voorbladgesig-wenner Tana Ferreira se top-5 stylwenke

Tana Ferreira, wat in 2012 SARIE se Voorbladgesig-wenner was, deel haar vyf vinnige wenke om altyd stylvol te wees.

tana_voorblad

1. Vir Tana is dit baie belangrik om seker te maak dat jy altyd gemaklik voel.

2. “’n Vrou met die regte skoene kan enigiets regkry,” meen Tana.

3. “Swart bly ’n goeie en neutrale kleur, maak dus seker jy het ’n hele paar swart items in jou kas,” sê Tana.

tana

Tana by dié jaar se Silwerskermfees.

4. “Jy moet altyd gereed wees om goed te lyk vir die dag en die aand in dieselfde uitrusting – met net ’n paar vinnige tweaks.”

5. Tana se raad om kleur by jou styl in te bring is dat jy jou grimering en naels vars en vrolik hou.

Tana sê sy het altyd lipstiffie en maskara in haar handsak. “Jou hele voorkoms kan met die regte lipstiffie verander en jy kan dit sommer op jou wange smeer as jy nie blosser byderhand het nie.”

Lees ook