FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

VOORSKOU: Só lyk Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo

Die eerste voorskou van Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo is vandag bekendgestel.

Haar nuutste album, My Hartjie, is binnekort op die rakke en die titelsnit (wat sy die eerste keer einde 2014 op die Afrikaans is Groot-verhoog gesing het) word sedert Valentynsdag op die land se gewildste radiostasies gespeel.

En binnekort kan jy die musiekvideo ook sien!

Karlien se vorige albums is As die gordyn val (2010), Jakkals trou met wolf se vrou (2011) en Uitklophou (2013).

Hou SARIE.com dop vir die volledige musiekvideo. Kyk hier na die voorskou:

Screen Shot 2015-03-11 at 1.36.07 PM

Karlien en Derick Hougaard, ouers van die tweeling Eliah en Daniël, het onlangs hul tweede huweliksherdenking gevier. Geluk, julle!