kn_evn_launch_promo_900-mfg3zrdejn3xxwerdwy3vcszkriyoi5u38iyn30oo0
Het jy gehoor?

VOORSKOU: Nataniël en sy broer se nuwe TV-program

Dié Franse stad, ‘met meer kunswinkels as drankwinkels’, het Nataniël en die hele produksiespan oorrompel toe hulle sy jongste TV-leefstylreeks daar geskiet het. ‘’n Klein, stil Parys, met min toeriste,’ vertel hy . . .

Daar’s net iets aan Nantes. Of soos Nataniël dit stel nadat hy vier weke in daardie wêreld geskiet het, aan Edik van Nantes, sy nuwe leefstylreeks wat in Oktober op kykNET begin: “Die ervaring in Nantes het nie net aan al ons verwagtinge voldoen nie, die hele span was reg om te emigreer!”

Nataniël is reeds deur dié stad aan die Loire-rivier oorrompel met sy vorige kuiers by sy jongste broer, Erik, ’n opgeleide sjef wat hier saam met sy gesin woon. Die reeks – met dié twee wat kook en huis herstel – speel grootliks af in ’n leë kliphuis op ’n plaas wat behoort aan die uitgebreide familie van Nathalie, Erik se Franse vrou, en ook ’n Le Roux-afstammeling soos die twee broers.

Edik van Nantes begin 13 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 145).

Hier is die eerste voorskou van dié belowende program:

In die Oktober-uitgawe van SARIE, wat nou beskikbaar is, gesels ons met Nataniël oor sy ervaring om die program te maak en ons wys van hul foto’s. Laat dit HIER af.

oktober 2015 okt carlize earle voorbladgesig

 Lees ook