juanit DU PLESSIS
Het jy gehoor?

VOORSMAKIE: Juanita du Plessis se nuwe musiekvideo

Die Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis het op haar Facebook-blad aangekondig dat haar nuutste musiekvideo van die treffer “Hambamba” eersdaags verskyn. 

Die video, wat verlede maand geskiet is, sal die eerste keer op 20 Augustus op die kykNET-program Bravo! (DSTV kanaal 144) gesien word.

As jy nie só lank wil wag nie, kan jy solank na ’n voorsmakie van die langverwagte video kyk:

Juanita het foto’s gedeel toe die video klaar geskiet is. Sy het dit baie geniet en het gesê dit was een van haar lekkerste musiekvideo-opnames nóg.

“Habamba” verskyn op haar jongste album, Toe raak die wêreld stil.

 

Die Hambamba video is in die boks! Moet sê dit was een van die lekkerste “shoots” ooit! Ons het só baie pret…

Posted by Juanita du Plessis on Friday, July 17, 2015

 Lees ook