sr1009boersoekvrou_4_
Het jy gehoor?

Vroue van Boer soek ‘n vrou praat, gee raad

Lynda Smuts (28) van Malmesbury, Boer soek ‘n vrou 2

Toe en nou: Die wynboer Pieter Hanekom van Franschhoek moes tussen Lynda en die blonde Ashley Pugh kies. Daar was meer as genoeg drama op die plaas. Die twee vroue het gereeld ‘n uitval gehad en selfs op mekaar geskree. Pieter het toe vir Lynda laat gaan, maar deesdae is dié boetiek-eienaar dolgelukkig in ‘n verhouding.

“Vanweë die invloed wat die reeks op my lewe gehad het, wil ek dié verhouding persoonlik hou,” sê sy.

Raad vir die nuwe vroue: Sy raai vroue aan om mooi te dink voordat hulle aan die reeks deelneem.

“Die impak van so ‘n program is vir ewig. Mense gaan jou oordeel en bespreek. Wees opreg, maar hou maar die meeste van jou emosies en gevoelens vir jouself.”

Lekker en sleg: Dit was vir haar moeilik dat haar ware karakter nie op TV uitgebeeld is nie. Baie gesprekke tydens die reeks is byvoorbeeld uit konteks aangehaal, voel sy. En dít kan ‘n slegte indruk van jou skep. “As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek nooit deelgeneem het nie. Kykers beoordeel jou op grond van wat hulle op TV sien.”

Die mededinging om alleentyd met Pieter te kry was moeilik. “Daar was nie genoeg tyd om hom te leer ken nie.” Maar die reeks het nie Lynda se siening oor verhoudings of die liefde verander nie. “Liefde bestaan en jy moet daaraan werk. Dit moet van albei kante af kom. ‘n Verhouding het opdraandes, maar daarsonder het jy nie afdraandes nie.”

Alna RetiefEn wat se Alna?

Alna Retief (34) van Bloemfontein, Boer soek ‘n vrou 2

 

Toe en nou: Alna, ‘n bemarkingsdirekteur, was Ludwig se “wenvrou” in die reeks. Die liefde het toe nie geblom tussen hulle nie, maar vriendskap wel. Sy en Ludwig het nog gereeld kontak.

“Ek verstaan hom baie goed. Hy’s ‘n eerlike mens en hy doen moeite om ons vriendskap aan die gang te hou. As hy in Bloemfontein is, gaan hy uit sy pad om saam met my koffie te drink.”

Sy het ná die reeks liefde gevind en het nou ‘n verhouding met ‘n Spanjaard wat in Suid-Afrika gewerk het vir die Wêreldbekersokkertoernooi en tans hier woon.

Raad vir die nuwe vroue: Wees opreg, sê Alna. “Die beste ding wat jy kan doen, is om jouself te wees. Die besluite is die boer s’n, dis nie in jou hande nie. Die grootste fout wat jy kan maak, is om oorboord te gaan met jou voorkoms om aandag te kry. Moenie jou gesig met grimering beplak as dit nie is wie jy is nie.”

Lekker en sleg: Alna het haar tyd op Boer soek ‘n vrou geniet, veral die plaas en die ander meisies wat saam met haar daar was, maar sy sal nie sommer weer aan so ‘n reeks deelneem nie.

“Werklikheidsprogramme is nie eintlik die plek om liefde te vind nie. Die wedywering onder mekaar om die boer se aandag te kry is moeilik. Dit sit baie druk op jou.”

  • http://eecmsfhsxlxi.com/ tkzggjfup

    JuaHl7 bnaxfzesiknw, [url=http://tdrdrygpsrap.com/]tdrdrygpsrap[/url], [link=http://rjdovxkbbeja.com/]rjdovxkbbeja[/link], http://nabsmnhtdrvv.com/

  • Andrew

    I completely udrnnstaed your frustration and I have learnt very quickly to depend on no-one but myself. I have moments of depression and feel isolated, but manage to get through it eventually. We have no family support either (they’re interstate) and most of the time have issues finding someone to look after our son if, god forbid, we want to have a night out to eat dinner without whining, temper-tantrums and frustration. Everyone does have their own lives and sometimes they have their priorities wrong. I’m sorry but going out drinking with your other friends shouldn’t take priority over hanging out with your god son when I only ask once in a blue moon. But it does. And you know what? I’ve just learnt to not depend on those people. I find so much more support in online bloggy and twitter pals. Sad as that is, it’s the truth. I hope you find strength and happiness. You deserve it. And when your mum gets there tomorrow, she’ll give you a big squeeze and things will feel so much better. Sending you lots of warm hugs over the interwebs.