FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Vrouetydskrif in Photoshop-kontroversie oor hertogin Kate

Kate, die hertogin van Cambridge, lyk baie anders as haar werklike self op die voorblad van die Australiese Woman’s Day.

Die tydskrif is een van die grootstes in Australië, maar mense is kwaad oor die baie Photoshop-peuterwerk aan die foto van die swanger Kate.

Die 33-jarige koninklike se oog- en velkleur is verander, en haar tande is witter gemaak. Haar oorbel het ook ’n onnatuurlike glinster.

Kate

Die publikasie het die kontroversie op hul Facebook-blad aangespreek en ’n nuwe voorblad op sosiale media gedeel. Tog is die onnatuurlike glinster van haar oorbel steeds daar.

Kate

Só lyk die oorspronklike foto – klik hier.

Nóg omstrede foto

In 2012 het die Amerikaanse tydskrif Star vir Kate ge-photoshop sodat haar baba-maag groter lyk as wat dit regtig was.

Bron: Daily Mail

Lees nou