friends
Het jy gehoor?

Vyf van ‘Friends’ hou reünie

Haal diep asem. Die Friends-reünie gaan steeds plaasvind, al is Chandler Bing (Matthew Perry) nie meer in die prentjie nie!

Op Sondag 21 Februarie, ná 12 jaar se gesoebat en gepleit, gaan David Schwimmer, Jennifer Aniston, Courteney Cox, Matt LeBlanc en Lisa Kudrow uiteindelik herenig word.

Ongelukkig nie in die fiktiewe koffiewinkel, Central Perk, soos ons gehoop het nie, maar ’n spesiale glansgeleentheid om die regisseur, James Burrows,te vereer.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Die opname is reeds gemaak. En wat ons van die lokprent kan aflei, gaan dit baie snaaks wees.

Kyk die lokprent hier

Matthew Perry is op die oomblik in Londen waar hy in sy selfgeskrewe toneelstuk, The End of Longing, te sien is.

Matt LeBlanc gaan Top Gear se ratte verwissel

Die BBC het aangekondig Matt gaan mede-aanbieder wees van die gewilde motorprogram, Top Gear, se nuwe seisoen. Hy sal saam met die Britse aanbieder, Chris Evans, werk.

Chris het die nuus op sosiale media gedeel.

Lees nou