FOTO: Instagram @clau_rhm

Het jy gehoor?

5 gewilde diëte in 2015

Aan die begin van elke jaar is dit die meeste van ons se voorneme om gesonder te wees – en om ’n paar ekstra kilogramme af te skud.

Ons het op die internet die gewildste diëte van 2015 gaan soek. Hier is hulle …

1. DNS-gebaseerde diëte

Voedingkundiges gebruik jou genetiese samestelling om te besluit watter dieetplan die beste resultate vir jóú sal lewer, volgens Redbook. Party wetenskaplikes glo ook dat die chemikalieë in kos jou gesondheid kan beïnvloed, veral wanneer dit die werking van ons DNS verander.

Lees meer oor dié dieet HIER.

2. Matigheid voor oë met The Biggest Loser-dieet

Dié dieet is vernoem na die gewilde werklikheidsreeks wat oorgewig deelnemers help om van hul oortollige vet ontslae te raak. Hierdie dieet beveel aan dat jy matig oefen en ’n gebalanseerde dieet volg, berig acTivebeat. Geen voedselgroepe word uitgesluit nie.

Kenners meen dat die teenwoordigheid van ’n voedseljoernaal gewigsverlies aanhelp. Deur wat jy eet te monitor en neer te skryf, word jy geforseer om jou slegte eetgewoontes te erken.

biggest loser

3. Kul met die flexitarian-dieet

Anders as geswore vegetariërs, is flexitarians ’n bietjie meer buigsaam en eet per geleentheid ’n stukkie vleis. Wanneer dit kom by gewigsverlies en algehele gesondheid, meen party kenners dat ’n flexitarian-dieet selfs beter as ’n vegetariese een is, berig acTivebeat. Vleis is ’n goeie bron van proteïene en talle vegetariërs het ’n tekort hieraan.

Lees meer oor die flexitarian-dieet HIER

4. Juice Cleanse

Duur, onnodig en onsuksesvol. Dít is ’n paar van die woorde wat al gebruik is om hierdie dieet te beskryf. Ander kenners meen weer hoewel dit nie ’n volhoubare plan is nie, is dit nie ’n slegte manier om jou gewigsverlies-reis te begin nie, meen The Times-Picayune

5. Buig jouself maer met joga

Alhoewel nie ’n dieet nie, het verskeie studies al bewys dat joga vet verbrand en gewigsverlies ’n hupstoot gee. Joga verlaag ook vlakke van kortisol – wat tydens stresvolle tye hoër is en vet om jou maag laat saampak, sê Huffington Post.

In dié posisie strek SARIE-skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, haar kniesenings en oefen sy haar maagspiere FOTO: Phyllis Green, geneem in die James and Ethel Gray Park, Johannesburg

In dié posisie strek SARIE-skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, haar kniesenings en oefen sy haar maagspiere
FOTO: Phyllis Green, geneem in die James and Ethel Gray Park, Johannesburg

* SARIE en SARIE.com skryf nie een van hierdie diëte voor nie. Raadpleeg eers jou dokter voodat jy ’n nuwe dieet begin.

Vir gesonde dieet-raad lees dieetkundige Mariza van Zyl van BeterEet Voeding en Voedsel Konsult se blogs op SARIE.com.

Bronne: Redbook, acTivebeat, The Times-Picayune, Huffington Post

Lees nou