ou_cover
Het jy gehoor?

Waar het SARIE haar naam vandaan gekry?

Reg geraai, ons naam kom van die volksliedjie Sarie Marais. Naspers het destyds ‘n wedstryd uitgeskryf en baie mense het dié naam voorgestel. Dit het presies gesê wie ons teikenmark is – die Afrikaanse vrou. ‘n Tydskrif vir, van en oor die Afrikaanse vrou, so Afrikaans, sy het selfs ‘n Afrikaanse naam! Maar gou het almal net van Sarie gepraat – hoewel die mashoof Sarie Marais gebly het tot einde Januarie 1976.

** In die nuwe uitgawe van SARIE (nóú te koop) deel ons interessante SARIE-dinge met jou – dit wat jy dalk nie geweet het nie.

Lees hierdie blog oor die geskiedenis van Sarie Marais – daar’s onder andere ‘n video van die Royal Marines-kommando wat Sarie Marais sing!

En raai bietjie wie het ons hier?
Ons vertel jou in die nuwe SARIE

Raai wie is dit?

  • Cornia van Wyk

    Hallo!!!
    Ek wil asb. ‘n GROOOOOT guns vra!
    Is dit dalk moontlik dat jul vir my die voorblad van ‘n paar van jul eerste Sarie Marias kan e-mail? Ek wil dit raam en my een hele kombuismuur volplak en in een van die rame die woorde van my Sarie Marais, hoe ouer hoe beter! My kinders sal in Suid-Afrika met kultuur grootword, en waar is ‘n beter plek om te begin as met my Sarie Marias!?
    Julle is regtig ‘n "descent" tydskrif wat nie wil swartsmeer nie, maar heelmaak waar julle kan!!! Baie, baie dankie daarvoor!
    Cornia

  • Dawn Smit

    Liewe Redaksie,Ek het nog van die klein Sarie-bereboekies van die vyftigerjare in my besit! Ek wonder of ander lesers die oulike boekies onthou?  Ek was destyds in Rhodesie en het gereeld die tydskrif van my Mammie ontvang.  Sy het natuurlik van die eerste uitgawe nie ‘n Sarie (Marais) misgeloop nie en vele lekker disse daaruit voorberei. Sy is nou al 37 jaar weg maar ek koop nog steeds die pragtige Sarie wanneer ek kan.

  • Lucia Esterhuizen

    Hi, Ek is opsoek na die voorblad (en inhoud)van verskillende Sarie Uitgawes. Die datums is as volg: 8 Februarie 1960 en 28 Maart 1964 & 19 Augustus 1986 & 10 Mei 1996. Waar kan ek die inligting kry? Groete Lucia Esterhuizen

  • http://www.scolaquip.com antoinette schoeman

    Ek het tydens die KKNK ingeskryf op die Sarie en ontvang SMS boodskappe na 0828532778 om my in kennis te stel dat ek my tydskrif gaan ontvang en het nog geen tydskrif ontvang nie. Die posadres is posbus 1538 Rooseveltpark 2129