Het jy gehoor?

Waar hou Brümilda van Rensburg vakansie?

My gunsteling-vakansieplek is Plettenbergbaai. Ek het eers ’n huis op Robberg gehad met die naam Kom-en-gaan, en met ons was dit ook so – elke Desembervakansie was ditPa Fanie en Ma Freda, my boet, Renico, en my susters Nancy en Fredrika. Hier het ons geswem, leer ski, amper verdrink en myle gestap. Later het my pa ’n woonstelblok ontwikkel net onder die hoofstraat met ’n uitsig op Nature’s Valley en Robberg.

Ek lief die son en Plet se warm branders en hier is soveel te doen as wat jy wil! Wat is nou lekkerder as om soms met ‘n boot op die Knysna-meer te vaar en dan te dock vir vars oesters…? En ’n ander keer vat ons die pad Keurbooms toe, want by Enrico is daar altyd vars vis – dis my spot daai en elke Kersdag na kerk eet ons kalkoene by Enrico en elke nuwe jaar as die klok 12 uur slaan, is ons ook daar en dans die nuwe jaar in en bid weer vir geloof, hoop en liefde wat die nuwe jaar sal bring. 

Kyk deur Brümilda se foto-album

Lees ook die onderhoud met Brümilda van Rensburg: “Nou maak ek dinge reg.”