Het jy gehoor?

Waar of vals: Dra Kate Middleton haarverlengings?

Die hertogin van Cambridge het Woensdagaand 26 Oktober 2011 haar eerste solo-verskyning as koninklike gemaak by In Kind Direct se jaarlikse liefdadigheidsonthaal. Sy het vir haar skoonpa, prins Charles, wat nie die geleentheid kon bywoon nie, ingestaan.

Sy het ’n soos gewoonlik die koppe laat draai met ’n liggrys, halternek-aandrok en ‘n veel dikker haredos as gewoonlik…

Die dailymail.co.uk berig dat Kate haarstukke in haar hare gehad het. Dit is duidelik dat dit net vir die geleentheid gebruik is, want dit was hier en daar sigbaar (sien foto). Normaalweg word dié soort haarstukke met ‘n tydelike gom vasgesit, maar hare is hier met ’n soort kleeflint in posisie gehou, daarom was dit nie heeltemal onopsigtelik nie. 

Hier is die haarstuk sigbaar

Die tydelike haarstukke is onder lae van haar eie hare ingeweef om meer volume te gee.

“Kate se hare lyk baie natuurlik en die styl wat sy gekies het vir die aand kan nie sommer sonder haarstukke reggekry word nie,” vertel Vicky Demetriou van die Londense haarsalon Daniel Hersheson aan dailymail.co.uk.

“Dit is glad nie ongewoon om geweefde haarstukke te gebruik nie. Dit word gewoonlik ingesit vir haarstyle wat nie met jou eie hare geskep kan word nie en om meer volume aan jou lokke te gee,” gaan Vicky voort.

Ander bekendes soos Victoria Beckham en Cheryl Cole het al erken dat hulle geweefde haarstukke gebruik om hul eie hare ekstra volume te gee.

Die uitvoerende bestuurder van In Kind Direct, Robin Boles, het ná afloop van die geleentheid gesê dat hulle verheug was om Kate daar te hê en dat sy baie professioneel en stylvol is.

Prins Charles kon nie die geleentheid bywoon nie aangesien hy na Saoedi-Arabië moes reis om sy meegevoel aan die Saoedi-koningsgesin oor te dra ná die dood van hul kroonprins.

  • Elize

    wonderlik dit wys jou sy is ‘n jong dame wat op hoogte is met die jongste mode neigings!

  • Hester

    Die Britse pers via die paleis rapporteer nou dis ‘n litteken wat sy op haar kop het, hoor, glad nie kleefband nie.

  • Marah

    Sy lyk pragtig. As sy die haarverlengings gebruik is dit sekerlik haar saak. Almal doen dit deesdae. Ek voel so jammer vir haar, haar lewe word so onder vergrootglas dopgehou. Ek wonder wat sal ons almal in dieselfde omstandighede gedoen het as ons lewe so onder die vergrootglas beskou word.

  • Silvi

    Kate is absoluut pragtig…Diana sou trots wees op haar seun se keuse van n vrou!

  • Beatrix

    Sy is absoluut pragtig en komplimente sou meer gepas wees as kritiek oor haarverlengings. Wat maak dit tog as dit wel die geval is?

  • alida basson

    Diana sou voorwaar baie trots op haar skoondogter gewees het! Sy is pragtig!

  • Elmari van de Merwe

    Kate is ‘n vars briesie in die paleis!

  • Jani

    Sarie, julle het jul storie verkeerd. Dit is nie haar verlengings nie- dit is ‘n wond van ‘n operasie wat sy as kind gehad het.

  • Johanna Beukes

    So stylvol en elegant ~ met haar eie persoonlikheid. `n Partige volwasse vrou. Sy is voorwaar n aanwins vir die Koninkles hul kan bly wees sy is daar vir hul »

  • Magriet Meiring

    Kate sal mooi wees sonder haarverlengings ook, Liefde, Geluk en warmte straal uit haar oe en dis haar grootste bate. By dit alles is sy ‘n slimkoppie, anders kan sy mos glad nie by haar man pas nie, sy sal dan ook nie kan saampraat met die mense met wie hulle meng nie. Ek dink sy en haar man is die grootste bemarkers van Britanje op die oomblik.

  • Gerda

    Snaaks hoe tydskrifte kan verskil. Hello Magazine se sy het ‘n letsel van haar kinderjare op daardie plek as gevolg van ‘n operasie wat sy ondergaan het.

  • Jakki

    Nee sy dra nie haarverlengings nie. Volgens die Engelse koerante het sy ‘n merk agv ‘n besering toe sy ‘n kind was.

  • Juliana

    Dit is ‘n litteken. Dit lyk vir my glad nie soos kleefband of iets nie. Sy is pragtig. En deesdae gebruik al wat sterre is botox en plastic surgery, haarverlengstukke is seker die minste.

  • Lenie

    WAT MAAK DIT SAAK WAT DIT IS….! HOU OP JALOERS WEES. SARIE TYDSKRIF IS BESIG OM BELAGLIK TE WORD.

  • Hilda

    So what?? Daai lyk egter vir my na ‘n litteken? Wie sit nou haarstukke teen jou slape in? Sy is stunning, en lyk altyd beeldskoon. So, as sy haarstukke insit wil ek nou ook!

  • Sandra

    Ag sy is beeldskoon ek is mal oor enige fotos van haar