harry_kate_olympics
Het jy gehoor?

Waar was die koningin en prins William met die Olimpiese afsluiting?

Dit was nogal ‘n verfrissende gesig om die sjarmante prins Harry (27) in sy ouma, koningin Elizabeth, se plek te sien by die afsluitingsgeleentheid van die Olimpiese Spele die afgelope Sondag. Sy skoonsus en goeie vriendin, Kate, het langs hom gesit.

Koningin Elizabeth het na berig word die verrigtinge vanuit die Balmoral-kasteel in Skotland op TV gevolg en was, anders as met die openingseremonie, nie verplig om die afsluitingsgeleentheid in haar amptelike hoedanigheid as koningin by te woon nie.

Prins William was ten tyde van die afsluiting aan die werk in Noord-Wallis as helikopter-vlieënier in die lugmag.

Die Spele wat nog lank onthou sal word as een van die bestes wat die wêreld nóg beleef het, is Sondag met ‘n opwindende konsert in Londen afgesluit.

  • Lindi-Lee Bekker

    Mooi rolmodelle vir ons jongmense! :-)

  • Ruth

    Waar was Prins Charles en Camilla?

  • slimjan

    who cares…….?

  • Wilma

    Harry en Kate is baie danig met mekaar … kyk gerus op Harry se Facebook bladsy!!

  • Salomien

    Waarom is mense tog so vol van kritiek ?

  • Danielle

    Lyk julle nie goed saam mekaar nie?
    Julle lyk soo happy maar ek stem waar is
    Prins Charles en Camilla?