FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Waarmee is prins Harry se eks-meisie besig?

Prins Harry se eks-meisie, Cressida Bonas, gaan haar rolprent-debuut maak! Só berig die Britse koerant The Telegraph. Lees die volledige artikel hier.

Toe Cressida en Harry se verhouding in April op die rotse beland het, het bronne na aan die paartjie gesê Cressida het besluit om nou eerder op haar beroep te fokus. Sy sou dit glo nie kon doen as sy saam met Harry in die kollig leef nie.

Dit lyk asof Cressida nou die vrugte van dié besluit pluk. Sy het blykbaar ’n rol losgeslaan teenoor die Britse model Cara Delevingne en Oscar-bekroonde akteur Christoph Waltz (Django Unchained) in die fliek Tulip Fever.

Nóg ’n rol vir Cara Delevingne

Cressida het verlede week haar teater-debuut gemaak toe sy ’n singende wolf met ’n obsessie met gesondheids- en veiligheidsmaatreëls gespeel het. Sy het verlede jaar haar graad in drama verwerf en het ook dans studeer.

Tulip Fever, wat volgende jaar internasionaal uitgereik sal word, gaan oor die verbode liefde tussen ’n skilder en sy welaf muse in die 17de eeu.

Cressida gaan die rol van ’n welaf vrou in die openbare oog speel.

BRONNE: The Telegraph & IMDb