charlize_young_adult
Het jy gehoor?

Waarom loop Charlize in haar pajamas rond?

Sy speel die rol van Mavis Gary, ’n tienerboek-skrywer. Mavis keer ná haar egskeiding na haar tuisdorp terug om gelukkiger dae te herleef en om haar hoërskoolliefde terug te wen. Maar dinge werk nie so mooi uit nie, want die man is intussen getroud.

Met al die ongelukigheid begin sy te veel te drink en verloor sy ’n bietjie perspektief op die lewe. Sy begin haarself weer soos ‘n tiener gedra… dié dat sy so in nagklere rondloop.

Dit is Charlize se eerste fliek sedert 2009, toe sy in The Road gespeel het. Volgende jaar sal sy ook te sien wees in Snow White and the Huntsman en Prometheus.

Young Adult

Kyk hier na die lokprent van Young Adult.