Het jy gehoor?

Waaroor spot Graeme Smith se vrou hom?

Die transformasie van krieket in SA: Graeme stem nie juis saam dat krieket stadig transformeer nie. Die Proteas het immers vele spelers soos die nuwe Vernon Philander, asook Alviro Petersen, Ashwell Prince, Hashim Amla, Jean-Paul Duminy, Lowabo Tsotsobe, Lungile Bosman, Mohammed Tahir, Robin Peterson en Wayne Parnell. “Hulle is uitstekend, dominante kragte wat ikone word.”

Om groot skoene, soos die van Hansie Cronjé, as jong kaptein te moes vol staan: Graeme het as jongeling opgesien na Hansie (voor die korrupsie-ding) maar het hom nooit ontmoet nie. “Ek het Hansie leer ken deur spelers wat hom geken het en gou besef dis moeilik om sy legacy te probeer volg. Ek doen in alle opsigte net my bes, daar is genoeg druk om te presteer en te wen.”

Wêreldwye korrupsie in krieket: “Korrupsie is afgryslik en daar moet ernstig daarteen opgetree word. Soos met Hansie moet sulke spelers lewenslank geskors word. Die Internasionale Krieketraad (ICC) het ook verskeie metodes in plek om korrupsie te verhoed. Jong spelers word ernstig daarteen gewaarsku. So, glo ek, kan krieket weer die gentleman’s game word wat dit behoort te wees.”

Sy kontaklense: “Sonder my weggooibare kontaklense kan ek glad nie sien nie, en sou ek beslis nie ‘n krieketloopbaan kon hê nie.) Sy vrou, Morgan, spot goediglik oor die “dik bril” wat hy dra wanneer hy in die bed lees!

HIER NEEM MORGAN DEEL AAN X-FACTOR


  • Rika

    Graeme kan nie eers die helfte so goed krieket speel soos Hansie nie! Spelers soos Hansie was nie deur die SA krieket raad of die ICC beskerm teen sulke situasies nie, en dis nie asof die korrupsie eers daai tyd kop uitgesteek het nie. Spelers van vandag word baie meer beskerm teen sulke korrupsie, maar waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg en ongelukkig ontgelt goeie mense dit gewoonlik.

  • Ina

    Graeme en Morgan is ‘n lieflike paartjie – hy het vir hom ‘n baie mooi (Ierse) roos gepluk! Ek hoop sy geniet SA en word gou-gou ‘n ware burger van die land saam met hom. Mag jul huwelik vir baie jare geseend en gelukkig wees!

  • Manuel

    Machen die TV-Bericht-Vers umnisse die Machenschaften der Maschi-Clique bsseer? Wenn der Journalist all das macht und beherzigt, was Sie hier aus der Etappe zu Recht! fordern, k me sein Film nie ins TV, resp. niemand w rde ihn sehen, weil: viel zu lang, viel zu unverst ndlich f r nicht BWLer, viel zu sp t gesendet, und nicht zuletzt w ren sicher zig Kleinigkeiten darin zu finden, an denen sich RA Prinz erfreuen und abarbeiten k nnte. Kurz: die M he w re f r die Katz. Bleiben Sie realistisch, Herr K. Auch da wo Sie Recht haben, muss man schauen, was im deutschen TV f r deutsches Publikum (leider nur) m glich ist.[EDIT: 2011-01-16 14:31]