The Duke And Duchess Of Cambridge Depart The Lindo Wing With Their Daughter
Het jy gehoor?

Wat beteken die prinses se naam nou eintlik?

Die langverwagte naam van die prinses van Cambridge is gister aangekondig. Sy is Charlotte Elizabeth Diana.

Arlene Prinsloo, ’n groot aanhanger en kenner van die Briste monargie, skryf in Die Burger dat oupa Charles, Ouma Diana én oumagrootjie, koningin Elizabeth, benoem is met dié name.

Die Middletons is egter nie afgeskeep nie. Charlotte is ’n verbuiging van die naam Charles en heel toevallig is dit ook die tweede naam van Kate se suter, Pippa Middleton. Elizabeth is ook Kate se tweede naam.

Alhoewel baie beroepswedders gemeen het Diana nie vernoem sal word nie, is haar naam tog aan die klein prinses gegee.

Lees ook: