Jennifer Aniston
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wat die sterre sê oor diëte …

Die sterre is bekend vir hul snaakse dieet-giere – dié eet eet niks graan nie, daai een neem net vloeistof in … Maar wie lewe so?! Hierdie celebs het ‘n meer gebalanseerde benadering tot dieet en oefening.

voguejl_300wDie Oscar-bekroonde Jennifer Lawrence (links)

Mense is gebou soos wat hulle gebou is. En jy ken daardie Kate Moss-aanhaling, ‘Niks proe so lekker soos wat dit voel om maer te wees nie’? Ek kan baie goed opnoem wat lekkerder proe! Aartappels, brood, ‘n lekker steak met skyfies!

 

 

 

 

jordin_300wDie sangeres Jordin Sparks (links)

Ek het nog nooit kalorieë getel nie. Ek eet wat my liggaam vir my sê. As daar ‘n nagereg is waarna ek smul, sal ek dit eet en die volgende dag harder oefen.

 

 

 

 

 

Die aktrise en joga-fanatikus Jennifer Aniston (hooffoto)

Ek probeer elke aand om ten minste 8 ure te slaap en natuurlik – water, water, water! Elke nou en dan drink ek ‘n dieet koeldrank.

BeweegSA: Dieet net 2 dae van die week

screen_shot_2013_07_24_at_1.10.03_pm_300w

Foto: Gallo Images / Getty Images

Die Big Love-aktrise met die pragtige kort haarstyle, Ginnifer Goodwin (links)

Ek volg nie ‘n dieet nie. As ek vandag bietjie ongesond eet, eet ek môre broccoli en slaai om op te maak.

 

 

 

 

 

 

 

Hoekom jy nie vir jou kos-sonde kan nee sê nie

Die Bridesmaid-aktrise Kristen Wiig

Ek het ‘n smul-dag een maal per week wanneer ek kan eet net wat ek wil. Die beste op hierdie dag is M&Ms, kolwyntjies, gesmelte kaas toebroodjies en patat-skyfies.

161441067_300w

Foto: Gallo Images / Getty Images

Beyoncé Knowles (links)

Op die oomblik eet ek enige iets. Wanneer ek kyk na wat ek eet en meer streng is op myself, gee ek myself een ete waar ek kan eet wat ek wil – gewoonlik ‘n Sondagmiddag en dit is gewoonlik pizza.

 

 

 

 

 

Luister jy na jou lyf of laat jy die verpakking jou verlei?

Die aktrise Kristen Bell

Ek hou daarvan om fiks te bly en myself uit te daag. Maar ek gaan nie probeer om ‘n sekere grootte or gewig te wees nie. Ek besit nie ‘n skaal nie. My doelwit is om goed te voel en gesond te lyk. Ek gaan altyd daardie persoon wees wat myself bederf.

161442376_300w

Foto: Gallo Images / Getty Images

Ek geniet nie ‘n gimnasium nie. Ek hou van staptogte. As ek weet ek moet fiks raak voor ‘n konserttoer sal ek op die trapmeul in my huis draf.

Die The Newsroom-aktrise Olivia Munn

Ek het vir myself dansoefeninge op musiek uitgewerk – dit is baie lekkerder om by die huis iets te doen waarvan ek hou as om uit die huis te gaan om te oefen.

 

 

hayden_300wDie Heroes-aktrise Hayden Panettiere (links)

Wanneer ek wil weglê, probeer ek dit om vroeg in die dag te doen sodat ek dit kan verbrand vóór slaaptyd. Dit is my verantwoordelikheid om gesond te wees. Ek’s jammer, ek gaan nie honger ly nie! Ek kan nie versadig raak met net ‘n slaai nie.

 

 

 

 

Die House-aktrise Olivia Wilde

Ek besit nie ‘n skaal nie.

 

screen_shot_2013_07_24_at_1.44.49_pm_300w

Foto: Aubrey Jonsson

Karlien, wat erken dat sy nie baie van oefening hou nie, het besluit om saam met haar man, die voormalige Springbok Derick Hougaard te begin oefen. “Hy sleep my gym toe! As ek met vakansie is en nie gym nie, mis ek dit om te stap-draf op die treadmill.”

Ek voel gesonder en my brein voel lewendiger as ek oefen.

“Dit is lekker om saam te oefen, want Derick motiveer my baie. Op my eie het ek nul motivering om te gaan oefen!”

Die heel moeilikste van ’n oefenprogram volg? “Om net my klere aan te kry en te gaan! As ek eers daar is, is dit beter.”

Vir die beste raad oor jou dieet, lees Mariza van BeterEet™ se blogs hier en besoek haar webtuiste by www.betereet.co.za

BRON: Huffington Post