As Jy Sing
Het jy gehoor?

SPESIALE VOORSKOU: Wat dra die sterre vanaand by die ‘As jy sing’-premiére + hulle Hollywood-eweknieë!

Vanaand is die spoggerige bekendstelling van As jy sing, die splinternuwe Afrikaanse musiekfliek met Bobby van Jaarsveld en die nuwe ster, Leah, in die hoofrolle. Is jy ook nuuskierig om te weet wat die sterre gaan dra? Ons het die eksklusiewe modenuus vir jou!

Vanaand se première beloof om net so glansryk soos ’n Hollywood-fliekbekendstelling te wees. Ons vertel jou wie dra wat, hoekom dit by hulle pas en soos watter Hollywood-ster elkeen vanaand gaan lyk.

Bobby van Jaarsveld

Bobby gaan vanaand ’n aandpak van Diaan Daniels dra. Diaan ontwerp gereeld vir bekendes soos Kurt Darren, Heinz Winckler, Cindy Nell en Amor Vittone.

Bobby lyk altyd netjies in die nuutste mansmodes, daarom kan ons nie wag om te sien hoe deftig hy gaan lyk nie! Die vrou aan sy sy, vroulief Annatjie, gaan ’n skepping van F. Wilson dra.

bobby_as_jy_sing_1_630w

Bobby as mnr. Conradie in ‘As jy sing’

Ons dink Bobby van Jaarsveld is Suid-Afrika se Zac Efron.

Kyk hier na die eksklusiewe foto’s van Bobby as die sexy skoolmeneer!

Leah

Leah

Leah

Hierdie nuwe gesig gaan vanaand uithaal en wys! Leah het haar mentgroen-en-wit rok self ontwerp en met die hulp van haar ma gemaak – duidelik ’n meisie van vele talente! (Lees meer oor Leah hier!)

Hierdie kleure werk goed met haar gelaat en haar blonde hare. Dié kleure sal haar ligte vel bruiner en sagter laat lyk én die pastelkleure is ook baie vroulik!

Ons kan nie wag om haar unieke rok te sien nie!

Ons dink Leah se Hollywood-eweknie is Cameron Diaz!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Karlien van Jaarsveld

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Karlien se styl is jonk en kleurvol. Sy hou by die nuutste modeneigings en haar aandrokke het altyd ’n klassieke silhoeët.

Vanaand dra sy ’n rok van Anel Botha Couture, die geliefde ontwerper van baie Suid-Afrikaanse bekendes. Sy het voorheen al vir Karlien ontwerp, onder meer haar trourok!

Die vlootblou skepping met blinkerstof-detail wat Karlien vanaand gaan dra, gaan deftig wees en haar swanger figuur vlei. Maar ons hoor dié rok het ’n verrassingselement – dele daarvan is bedek met luiperd-motief!

Ons dink Karlien se Hollywood-eweknie is Kate Hudson.

Lees hier meer oor ‘As jy sing’ se klankbaan!

Franja du Plessis

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Roedolf D Couture gaan twee rokke by vanaand se première hê. En Juanita du Plessis se dogter, Franja, gaan een daarvan dra!

Haar rok gaan ligpienk, pastelpers en grys wees. Dié kleure is ’n goeie keuse vir Franja, omdat die ligte kleure van die rok haar natuurlike bruin vel sal komplementeer.

Sulke sagte kleure kan maklik uitgewas lyk as dit verkeerd gedra word, maar Franja se simplistiese styl en jong aanslag sal die uitrusting perfek vroulik maak!

Ons dink Franja is Suid-Afrika se Jennifer Lawrence.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

En die nuwe sterre …

San-Marié Nel

San-Marié Nel

San-Marié Nel as Skaai in ‘As jy sing’

San-Marié Nel is dalk die skaam skooldogter wat hou van swart in As jy sing, maar vir vanaand se première kies sy ’n vintage-voorkoms wat steeds baie in die mode is. Haar rok gaan pienk, roomkleurig en brons wees.

San-Marié Nel is vir ons net so talentvol soos Selena Gomez!

Chanell van den Bergh

Chanell van den Bergh

Chanell van den Bergh as Liesel-lee in ‘As jy sing’

Ons was baie bly toe ons hoor Chanell van den Bergh dra vanaand ’n ligblou rok. Haar vel sal sag en vroulik in dié kleur lyk – en haar blonde hare word mooi hierdeur gekomplementeer. Haar rok is deur Simon Rademan ontwerp.

Chanell van den Bergh is Suid-Afrika se Amanda Seyfried (Mamma Mia).

Hou dié bekendes in hul ontwerpersklere vanaand dop:

Juanita du Plessis gaan soos haar dogter in ’n Roedolf D Couture-skepping verskyn.

Die swanger Corine du Toit gaan ’n Mandy Manas-rok dra.

Anna Davel dra ’n rok van Gerrit Pienaar.

Susan Coetzer verskyn, net soos Karlien van Jaarsveld, in ’n skepping van Anel Botha.

Riana Nel gaan op die rooi tapyt verskyn in ’n rooi rok wat haar donker hare perfek gaan komplementeer.

PLUS: Ons hoor daar gaan vanaand ’n paar verrassings wees! Hou SARIE.com vandag en môre dop vir al die agter-die-skerms-aksie en foto’s van die rokke. Volg ons op Facebook, Twitter en Instagram vir die regstreekse aksie!