anne_hathaway_debuts_super_short_hair_for_les_miserables
Het jy gehoor?

Wat dink jy van Anne Hathaway se nuwe haarstyl?

Anne Hathaway het haar blink, gesonde lang hare kort afgesny vir haar nuwe rol in die fliekweergawe van die musiekblyspel, Les Miserables.

Sy speel die rol van Fantine wat haar tande en hare verkoop om geld te maak. Hoewel sy geweet het dat sy wel haar hare vir die rol sal moet verloor, was dit maar steeds ‘n skok toe dit so kort afgeknip is.

  • Zenia Foster Roodt

    Wanneer mens ernstig is om ‘n doel te bereik, is mens ook bereidwillig om groot opofferings te maak. Anne het inderdaad mooi hare gehad, maar as dit so vinnig groei soos myne, sal sy volgende jaar hierdie tyd op SARIE se voorblad pruik met ‘n nuwe bos welige, gesonde hare. Charlize was bereid om kilogramme op die skaal te gooi vir ‘n rol en kyk hoe goed lyk sy vandag. Sommige opofferings op ons lewenspad is net tydelik en dikwels bring so ‘n effense verandering op jou roete ‘n aangename verligting

  • leandra

    oh no!!!!

  • Linda Bosch

    Lyk of sy dit haat! Sy lyk maar oes, hoop dis vir ‘n nuwe rol!

  • anna de villiers

    sy lyk mooi met die kort hare…maar in die foto spesifiek, lyk sy SPYT!!

  • Annelize

    Lang hare of kort hare, sy het ‘n vreeslike mooi gesig!

  • Anita

    is mal daaroor! Sy het min of meer dieselfde haarstyl in haar rol in die fliek "One day" half en half aan die einde van die fliek. Ek dink dit is beautiful omdat dit iets anders is en sy gewaag het om dit te doen. Ek sal ook graag so n "pixie-cut" wil he maar is gans te bang daarvoor! :)

  • Janet Edeling

    Sy is professioneel en besef dat sy soms voorkoms moet opoffer – ek dink dis baie dapper! En een van die dae gaan dit die nuwe "it" haarstyl wees, hou maar dop.

  • Rinda

    Stunning! Ek het ook ‘n paar maande gelede my lang lokke vir ‘n "pixie-cut" geruil en is nei vir ‘n oomblik spyt nie. In die oggend is dit 1, 2, 3 en ek is reg vir die wêreld.