Het jy gehoor?

Wat doen Invictus se Marguerite Wheatley nou?

Marguerite Wheatley, of Kriek soos haar vriende haar noem, is deesdae ’n persoonlike afrigter in Engeland. Sy was Doreen in Egoli en Nerine Pienaar, François se vrou, in die rolprent Invictus, maar sy is in Engeland om haar vlerke te sprei, nie om as aktrise te werk nie, vertel Marguerite. “Ek wil die lewe ’n bietjie ervaar voor ek eendag settle.”

Lees meer oor haar lewe in Engeland en haar werk by www.fantasticmissfitness.blogspot.com.