FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wat gaan aan met dié aantreklike Hollywood-mans?

Leonardo DiCaprio en Hugh Jackman is van die aantreklikste mans in Hollywood, maar kyk hoe lyk hulle nou!

Dié akteurs is gewoonlik stylvol op die rooi tapyt, maar deesdae lyk hulle bietjie … anders.

Leonardo, wat deur die jare met sy gewig sukkel, het weer ’n paar ekstra kilogramme opgetel. Die webtuiste x17online het dié eksklusiewe foto’s bekom waar hy baie anders lyk as toe ons hom laas op die rooi tapyt gesien het.

Ja, almal is ook maar net mens!

Leo (39) en sy 22-jarige model-meisie, Toni Garnn, het saam met vriende ’n stranddag in Malibu geniet.

Hugh Jackman se nuwe voorkoms het ook ons oog gevang toe ons hom langs die Wimbledon-baan gewaar het. Dié 45-jarige akteur se hare is afgeskeer en hy het ’n lang snor en baard.

Die rede vir Hugh se nuwe voorkoms? Hy speel die booswig Blackbeard in die nuwe Peter Pan-film, Pan.

Só lyk Hugh gewoonlik:

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Bronne: x17online en Huffington Post

 

x
LEES NÓG Johnny Clegg groet op hoë noot

Ná ’n loopbaan van byna 40 jaar maak die legendariese sanger, liedjieskrywer en gumboot-danser Johnny Clegg een van die dae sy finale buiging op die verhoog. Hy het aangekondig sy heel laaste konserttoer begin met optredes in Kaapstad, Johannesburg en Durban voordat hy …

X

Kry jou
SARIE.com-nuus direk


Bly op hoogte van al die inligting wat jóú raak. Ons deel die belangrikste nuus, stories uit die celeb-wêreld, die weer in jou area, lekker en vinnige resepte, nuwe mode- en skoonheidstrends en nuttige wenke om jou lewe makliker te maak - direk per e-pos.

Ons gesels ook oor nuwe musiek, konserte en winkels wat afslag bied.

Die SARIE.com-nuusbriewe gee jou 'n kykie na die SARIE-wêreld wat ook jóú wêreld is. Kies watter jy wil ontvang: