princeharry_getty
Het jy gehoor?

Prins Harry se nuwe liefde?

Harry is verlede Woensdagaand saam met Cressida by die partytjie van die Batman-fliekpremière, The Dark Night Rises, gesien. Prinses Eugenie het hulle aan mekaar voorgestel. Hulle het hard probeer om alleen by die partytjieplekke in te gaan ten einde die media te vermy. Maar ooggetuies beweer dat hulle heel danig met mekaar was toe hulle eers binne was. Klik hier vir ‘n foto van Cressida.

Harry se beweerde nuwe liefde, Cressida, se pa, Jeffrey Bonas, is in 1986 geskei, en hy moes geld leen om sy vrou, Elspeth, uit te betaal. Met die terugbetaling van die £350,000 wat hy destyds by die bank moes leen om sy vrou uit te betaal, het dinge skeefgeloop. Veral toe hy sy Switserse bankrekeninge en buitelandse Isle of Man-trusts en -rekeninge onder die dekmantel gehou het. Die regter het in sy uitspraak gesê dat hy nie vir Bonas as ‘n betroubare getuie beskou nie.

Cressida se ma is Jeffrey se tweede vrou, lady Mary-Gaye Georgiana Lorna Curzon, ‘n voorbladgesig uit die sestigerjare. Sy was al vier keer getroud.

Daar was op ’n tyd gerugte dat Cressida se halfsuster, Isabella Calthorpe, en prins William vir mekaar ogies maak, maar sy is nou verloof aan sir Richard Branson se seun, Sam.

Prins Harry, wat beplan om terug te gaan Afganistan toe, se woordvoerder het geweier om enigiets oor Harry en Cressida se verbintenis te sê. Ná hul aandjie uit het Cressida omstreek 4 vm. alleen in ‘n taxi gespring en Harry het saam met sy lyfwagte ‘n ander rigting ingeslaan.

  • cecilia

    Hulle is te pragtig en ons is die Vader so dankbaar dat Harry aanklank by Kate gevind het.

  • Elsi

    Hy hou van sy skoonsus, sy is pragtig wie sal nou nie graag saam met haar gesien wou word nie. Punt. Moet asb nou nie weer iets verder as dit gaan soek nie.