Het jy gehoor?

Wat gaan Kate vir prins William gee vir sy 30ste?

Sy het in die geheim vier keer geposeer vir ‘n skildery deur die koninklike skilder, Nicky Philipps. Philipps was ook die skepper van portrette van prins William en sy broer, Harry.

Nicky Philipps se portret van Prins Harry en Prins William

Dié skildery van Kate is die eerste koninklike een van haar en daarom ‘n baie gepaste én intieme geskenk aan haar eggenoot van byna ‘n jaar. Haar skoonpa, prins Charles, sal vir die skildery van meer as R300 000 betaal.

Volgens Philipps was dit moeilik om Kate te skilder omdat sy “so mooi is”. “Mooi mense is baie moeiliker om te skilder omdat hul gesig simmetries is. Dis moeilik om dit gestand te doen.”

Kate en prins William deel ‘n passie vir kuns en het albei kunsgeskiedenis as vak geneem tydens hul studiejare by die St. Andrews-universiteit in Skotland.

* Kyk dié video deur www.guardian.co.uk waarin kunstenaar Nicky Philipps meer vertel van die koninklike portret van prins William en Harry.

  • Heila Velloen

    Sy is pragtig, en laat my baie dink aan prinses Diana. Ek dink prinses Diana sou baie trots gewees het op hierdie skoondogter van haar.

  • Veronica

    Kate Middleton is ‘n pragtige,stylvolle, standvastige, weet wat sy wil he vrou…. Ja en sy lyk altyd in beheer. Prins William en die hele Koningshuis
    kan baie trots wees op haar. Ek weet die wereld is!!!

  • francis Katherine De Bruyn

    Sy is rerig pragstuk en pas in by die paleis. Ek bid die verhouding en liefde bly so tot die dood hulle skei