FOTO:  kimkardashian

FOTO: kimkardashian

Het jy gehoor?

Wat gaan Kim Kardashian haar baba noem?

Die realiteitster Kim Kardashian word binne die volgende paar weke vir die tweede keer ma. Sy en haar man, die kletsrymer Kanye West, het groot opskudding veroorsaak toe hulle in 2013 hul dogtertjie ‘North West’ genoem het.

My everything

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Met die aanloop tot die geboorte van hul seun word daar wyd en syd gegons oor die naam waarmee hulle dié keer vorendag sal kom, berig Huffington Post.

Toe Kim aanvanklik haar swangerskap aangekondig het, is voorspel dat hulle die windrigting-tema sou deurvoer en die nuwe baba ‘South’ sal noem. Maar Kim het dié gerugte vinnig in die kiem gesmoor en gesê Noord sal altyd in haar opinie beter en groter wees as Suid, en daarom oorweeg sy nie dié naam nie.


Intussen is die gunstelinge onder skindertonge ‘Legend’ of ‘Saint’ … Terwyl ousus, North, glo haar kleinboet moet “Baby Brother” gedoop word.

Kim het aan People vertel hulle het eers ná sewe dae op North se naam besluit. Hulle glo die naam sal na hulle toe kom wanneer die babatjie eers daar is.

Ons gunsteling-moontlikhede sover is ‘Going Back West’ en ‘Nine West’.

Maar alle grappies op ’n stokkie, of jy ’n aanhanger is of nie, die tweede baba gaan seker weer die hoofopskrifte haal.

Lees ook