Het jy gehoor?

Survivor SA Maldives 2011: Die 4de episode

By verlede week se tribal council het Harry en Hykie koppe gestamp oor Hykie al die kollig wou hê met die legkaart-uitdaging. Dit was baie slim van Harry om sy mede-deelnemers te verwar en nie sy vriendin, Tasleem, uit te stem nie. Dit het natuurlik gewerk, aangesien Tshepo op die ou einde uitgestem is.

Maar nou sal Harry, en die res van die plebs, hard moet werk om weer die vertroue van die bekende deelnemers te herwin. Hy moet ook sy immunity idol opspoor wat hy verloor het… anders is sy vlam dalk die volgende wat geblus word.

In dié week se episode het die Goma-stam skaars iets om te eet, en in die Raituhn-stam verwar nuwe invloede die deelnemers. Daar is ook ’n geveg tussen Vanessa en Sindi in die Goma-kamp.

Die uitdaging om voordele by te kry is Bashi, ’n balspeletjie eie aan die Maledive, en die prys is ’n heerlike maaltyd.

Die twee stamme moet dié week ’n hindernisbaan oorsteek om immuniteit te verseker. Maar elke deelnemer het 10% van sy eie liggaamsmassa aan hom vasgemaak, én hulle moet keer dat die ander stam sy eie wenpaal bereik… Daar kom groot pret!

En wie gaan aan die einde van die episode huis toe?

HULLE IS AL AFGESTEM:

* Tshepo Maseko

* Lukhanyo Nontshinga