FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wat het Taylor Swift, Becks en Adele gemeen?

Nooit sou ons raai dat dié sterre saam aan ‘n projek sal werk nie …

‘n Amerikaanse en ‘n Britse sangeres en ‘n Britse sokkerster. Dít is die regisseur Matthew Vaughn (X-Men: First Class) se keuse vir sy nuutste projek, The Secret Service.

Taylor Swift verruil haar kitaar vir ‘n geweer wanneer sy ‘n jong spioen speel in dié opspraakwekkende fliek. ‘n Bron sê dié sangeres is ‘n natuurlike aktrise en het dit in haar oudisie bewys. “Sy het dadelik aangepas om vir die grootskerm toneel te speel. Sy is vars en nog nie ‘n ou Hollywood-gesig nie, maar is wel bekend – iets wat aanloklik is vir filmmakers,” het ‘n bron van dié film gesê.

Sy beoefen nou die krygskunste sodat haar karakter teen die groot skurk van dié film kan afreken.

Ander grootname in dié film is Colin Firth (The King’s Speech), Michael Caine (The Dark Knigh) en Samuel L. Jackson (Pulp Fiction).

Bron: Perezhilton.com

Wat dink jy? Is hierdie ‘n goeie kombinasie vir ‘n aksie-film?