Het jy gehoor?

Wat is in Pippa se romantiese piekniekmandjie en met wie wil sy dit deel?

Pippa en die 35-jarige aandelemakelaar Niko Jackson is glo sedert die begin van dié jaar ‘n paartjie. Hulle het al in die Karribiese eilande en by die luukse ski-dorp Saint Moritz vakansie gehou. En in haar nuutste rubriek in Waitrose Kitchen gee sy leidrade waar hul volgende vakansie gaan hou: in die suide van Frankryk met ‘n romantiese piekniek.

Haar spyskaart vir dié piekniek sluit in ‘n perske-en-vanielje drankie, vye-en-bokmelkkaas-brood, gerookte-hoender-en-spanspek-slaai, en aarbei-en-laventel kaaskoek.

Dié piekniek kom nie goedkoop nie en beloop ongeveer £60 (R835)! Die 26-jarige geleentheidskoördineerder dagdroom verder in haar rubriek hoe dié piekniek sal afloop:

Ek is in ‘n veld in Provence waar ons die motor parkeer het en ‘n kombers op die gras oopgegooi het. Die dynserige lug is kobalt blou en dit is warm, maar nie te warm vir ‘n piekniek nie …

As só ‘n piekniek nie vir jou beskore is nie, kan jy altyd dié naweek jou geliefdes bederf met ‘n piekniek, braai of aansit-ete. Kliek hier vir idees! En daar is geen beter plek as ons mooi land om sulke lekker kos te geniet nie!

Lekker naweek-resepteLekker naweek-resepte