Het jy gehoor?

Wat jy nie van roomys geweet het nie…

Met die kwik wat dié somer tot verby 40 °C styg, sê ‘n mens nie nee vir ‘n roomys nie. Maar dié gevriesde vreugde smaak nie net lekker nie, daar’s meer:

Lees bietjie hier:

Die eerste roomys het 3 000 jaar gelede in China ontstaan, toe hulle sneeu met vrugte en heuning gemeng het. (Nou ry jy deur ‘n drive-thru en tel jou cone binne sekondes op!)

Uit China het dit na Europa versprei, en resepte is uitgeruil. Soveel so dat dit in die koninklike howe van Italië en Frankryk beland het.

Roomys is ‘n 11 biljoen-dollar-nywerheid (en dis die enigste kos wat jy gevries eet).

Een van die grootste bestanddele in roomys is lug. Daarsonder sal jy klippe kou.

Een porsie Magnum-roomys bevat minder vet as ‘n gemiddelde sjokolade-stafie (en selfs minder as kaaskoek, appeltert of ‘n croissant per porsie).

Meer roomys word op ‘n Sondag as op enige ander dag van die week verkoop.

Dit neem sowat 50 lekke om ‘n enkelskeppie-cone op te eet.

Dis nou maar so! Roomys maak jou gelukkig deur die ‘plesier-sones’ in die brein te prikkel. (Studie: April 2005 deur Unilever Instituut vir Psigiatrie in Londen.) (Bron: Magnum)

Die vreemdste geure ooit!

Avokado, knoffel, azuki-boontjie, jalapeno en pampoen. (Nodeloos om te sê die verkope was maar power).
Agurkie-gegeurde roomys is op die mark gesit vir swanger vroue wat soms vir vreemde goed lus raak.

  • Ilse

    Ek is mal oor roomys en verruil dit vir niks! Hou van die interessante feite wat jul hier gee! Ek woon in Suid-Korea en hier is vreeslike lekker roomysse! Groen tee, swart boontjie, rooi boontjie en dan ook natuurlik pampoen is van die waarmee ek vir die eerste keer in my lewe hier kom kennis maak het! Ek het ook al ‘n karamelbotter-springmielie een geproe en hul kom aldag uit met nuwe’s!(lekker soet gewees)
    Lekker eet!
    Groetnis uit ‘n gevriesde Korea!