sr1002praatmet_6_
Het jy gehoor?

Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie

NICO SE GUNSTELINGE

KOS: Pizza. Ek is mal oor kaas. Ek het ook ‘n sagte plekkie vir vars brood, veral as dit tuisgebak is.

DRANKIE: Rooiwyn. Ek hou van ‘n Beyerskloof Pinotage

BOEK: Shantaram van Gregory David Roberts

BUITELUG-AKTIWITEIT: Bergfietsry

WEGBREEKPLEK: Die dorpie Lutra aan die suidelike kus van Kreta

WAT JY NIE VAN NICO GEWEET HET NIE…

Ek kan myself nie help om sagte, oulike speelgoed te koop nie. Dis asof dit my in die oë kyk en sê “Pa”. My vrou, Christi, steek dit in die kas weg.

Ek het al ‘n baba gevang. Ek was deel van ‘n vrywilligergroep toe ek jonger was. Ek moes ‘n paramedici-kursus doen waarvan obstetrie deel was. Ek het net die teorie van die kursus voltooi toe ek in ‘n situasie was waar ‘n vrou begin kraam het en die ambulans nie die plek kon kry waar sy was nie. Die een oomblik het ek probeer onthou wat om te doen, die volgende oomblik het ek ‘n babaseuntjie in my arms gehad.

Ek is gek oor varsgemaalde koffie. Ek kan nie kitskoffie vat nie. Ek het selfs my eie koffie-plunger en koffie Mosambiek toe gevat tydens die Survivor SA-opname. ‘n Paar mense van die TV-span het dieselfde gedoen en ons het saam koffie gedrink. Dit klank dalk vreemd, maar 05:00 in die oggend maak dit sin.

Ek haat dit om skoongeskeer te wees. Dit laat my kaal voel. As ek nie TV-opnames doen nie, laat ek my baard groei.

Ek het ‘n ding vir klere van 100% katoen, veral T-hemde. Ek gee nie om wat die etiket sê nie, solank dit van katoen gemaak is, koop ek! 

  • http://ymholekehxub.com/ zcxvtxteya

    xuyNzv dbuiujabsmbr, [url=http://gxzqbbenxajb.com/]gxzqbbenxajb[/url], [link=http://vgvrqfurrqos.com/]vgvrqfurrqos[/link], http://acgunyqcvmmu.com/

  • Grietjie

    een BAIE GOEIE rede om Survivor SA te kyk……Nico!!!!

  • http://www.sarie.com Ogies

    ….sug mooi bly mooi

  • http://www.sarie.com Ogies

    ….sug mooi bly mooi